Categories: NuusPublished On: 8th January 2019

‘n Groot gees in die veebedryf oorlede

By 0 min read
82 words

DSC_0355

Hendrik van Pletzen by 2017 se Skaapboer van die Jaar se Skaap Boeredag.

Maandag 7 Januarie 2019 is Hendrik van Pletzen, voormalige tegniese bestuurder van Voermol-voer, na ‘n lang stryd aan kanker oorlede.

In die veebedryf is hy geken as navorser, weidingskundige en voorligter. Hy het in 1998 by Voermol aangesluit en het die Beesboer- en Skaapboer van die Jaar-kompetisie begin.

Hy was ook die skrywer en medeskrywer van semi-wetenskaplike en bekende artikels en het ook talle eerbewyse ontvang.

Hy word oorleef deur sy vrou, Petro en hulle drie kinders. Die begrafnisreёlings sal nog bekend gemaak word.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0