Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 13th March 2019

’n Boer wat op PANNAR vertrou, het ’n ware vriend

By 11 min read
2134 words

Dawid Potgieter, sonneb;lom boer van Oranjeville naby die Vaaldam saam met Corne van der Westhuizen van Pannar by een van die goeie sonnebloem varieteite van Pa

Dawid Potgieter, sonneblomboer van Oranjeville in die goeie ou Vrystaat, en Corné van der Westhuizen, een van PANNAR se op-en-wakker landboukundiges, wys hoe lyk die soort sonneblom waaroor ’n boer opgewonde kan raak.

Die wakker boer sorg dat hy elke seisoen alles reg doen – saadbedvoorbereiding, bemesting, plant, onkruid- en pesbestryding, besproeiing, siektebeheer tot by stroop.

Terwyl hierdie flukse boer sy aandag toespits op vanjaar se produksie, het hy ware vriende wat reeds hard werk om sy produksie vir volgende seisoene tot in die verre toekoms te verseker: Hulle is PANNAR se kundige saadtelers wat deurlopend nuwe, beter kultivars ontwikkel; en PANNAR se slim landboukundiges wat deurgaans doeltreffender landboupraktyke ontwikkel.

By PANNAR se Gewas-extravaganzas van 2019 kon boere weer opgewonde raak oor die puik saadpakette wat PANNAR vir hulle ontwikkel het, en die nuttige raad wat kenners met hulle deel. Kyk net:

Nommerpas kultivars vir elke omstandigheid

Volhoubare boerdery vereis dat daar tot ver in die toekoms beplan moet word. As die boer se vriend en vennoot, ondersteun PANNAR boere om immer meer winsgewend te boer. PANNAR bied die volledigste gewasportefeulje op die Afrika-vasteland. Dit is saamgestel uit kultivars met verskillende groeiklasse en agronomiese eienskappe, goed aangepas vir verskillende produksiepraktyke en -omgewings. Wat ook al jou bestuur-styl of boerderypraktyke, PANNAR het die perfekte oplossing vir jou.

• Witbasters skitter oral

Die PANNAR witbasterpakket word gekenmerk deur goeie prestasie, aanpasbaarheid en stabiliteit oor die verskillende produksiegebiede heen vir goeie risikobestuur. Die witmieliepakket bied opwindende nuwe topbasters vir die komende seisoen. In die droëlande van die oostelike streek vorm die PAN 3A-173– en PAN 4A-111-platforms die ruggraat van die PANNAR-pakket. In die westelike gebiede vorm die PAN 5R-791BR-, PAN 5R-891BR- (MON89034) en PAN 5R-785BR- (MON89034)-platforms die kern van die PANNAR-witbasterpakket. Onder besproeiing is die PAN 3A-173-platform die eerste keuse.

Ultravinnige pakket:

PAN 3R-573R:

PAN 3R-573R

Droëland: PAN 3R-573R is die stalmaat van PAN 3A-173. Albei basters is goed aangepas by die hoëpotensiaallande van die oostelike produksiegebiede (Mpumalanga, Oos-Vrystaat en KwaZulu-Natal) en word teen hoë plantbevol-kings van 45 000 tot 60 000 plante per hektaar aanbeveel.

 Hoë-insetbesproeiing (hoë-opbrengsmikpunt en watertoediening vereis ’n hoë bestuursinset): As besproeiingsbaster is PAN 3R-573R die eweknie van die geel ultravinnige basters en dit pas goed in by ’n dubbeloes-produksie-stelsel. Dit word vir alle produksiegebiede onder besproeiing aanbeveel teen hoë plantbevolkings van 80 000 tot 100 000 plante per hektaar.

Hierdie baster is ’n tipiese ultravinnige planttipe met ’n regop blaargroeiwyse. Dit is geneig om nie spruite te vorm nie en het goeie staanvermoë. Onder droëlandtoestande kan die baster meerkoppig wees. Dit lewer ’n hoë verhouding graan-tot-blaar- en stamverhouding en is goed aangepas vir hoë plantbevolkings met goeie algemene siekteverdraagsaamheid en goeie graangehalte. In gebiede waar hoë vlakke van noordelike blaarskroei voorkom, word die YIELDBOOST®-swamdoderspuitprogram aanbeveel om die siekte te bekamp en die opbrengspotensiaal te beskerm.

PAN 5B-491B en PAN 5R-891BR:

PAN 5R-891BR

Die basters beskik oor die MON89034-stronkboorderweerstandsgene.

Droëland: Hierdie twee basters is van dieselfde genetiese agtergrond as PAN 5R-791BR afkomstig en baie sterk meerkoppig, met die bykomende voordeel van die tweedegenerasie-stronkboorderbeskermingsgene. Hulle is goed aangepas vir alle produksiegebiede, veral die westelike produksiegebiede van die Noordwes-Vrystaat en Noordwes. Hulle word sterk aanbeveel as die kern van ’n witpakket, veral in die westelike produksiedele. Die pakket is goed aangepas vir die oostelike produksiegebiede, insluitende die Noordoos-Vrystaat. PAN 5R-891BR is bestem om baie gewild te word.

• Geelbasters bied blink opsies

Hierdie formidabele geelmieliepakket van ultravinnige, vinnige en medium basters bied uitstekende opsies vir produksie op droëland of onder be-sproeiing. Die ultravinnige pakket is versterk met drie nuwe, uitsonderlike genetiese platforms, naamlik PAN 3R-724BR, PAN 3R-786BR en PAN 3R-700BR, wat ’n aansienlike opbrengsverhoging bied. Hierdie nuwe genetiese platforms het reeds hul uitstekende prestasierekord onder besproeiing en in die hoëpotensiaal-droëlandproduksiegebiede bevestig.

PAN 3R-724BR

Die basterpakket van vinnige tot medium-groeiklasse word met vier nuwe, opwindende basters versterk. Die PAN 5A-182-, PAN 4R-672R– en PAN 6R-710BR-platforms word uitgesonder vir hulle uitstekende prestasie die afgelope produksieseisoen.

Ultravinnige pakket:

PAN 3A-124, PAN 3R-524R en PAN 3R-724BR:

Hoë-insetbesproeiing: Hierdie is die opwindendste nuwe platform met uitstekende prestasie onder besproeiing. PAN 3R-724BR lewer loshande die beste prestasie in PANNAR se besproeiingsevalueringsproewe die afgelope twee seisoene. Die planttipe van hierdie basters leen hulle tot hoë plantdigthede van 95 000 tot 100 000 plante per hektaar. Die basters onderskei hulleself met goeie opbrengs en stabiliteit in al die produksiegebiede. PAN 3A-124 is bestem om PAN 6126 te vervang.

Droëland: Hierdie platform is ’n goeie keuse vir die hoëpotensiaalstreke van die oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal. Die planttipe van hierdie basters leen dit tot hoë plantbevolkings van 45 000 tot 60 000 plante per hektaar in droëlandproduksietoestande.

 Hierdie is tipiese ultravinnige basters met ’n regop blaargroeiwyse wat teen hoër plantdigtheid aangeplant kan word. Hulle beskik oor ’n vaste kop-grootte, wat voordelig is onder hoëpotensiaaltoestande wat hoë plantbevolkings vereis. Dit is die vinnigste platform in die PANNAR-reeks en produseer ’n aantreklike graantipe wat vinnig afdroog. Selfs teen hoë plantestande is die staanvermoë baie goed. Waar blaarsiektes gewoonlik voorkom, word die YIELDBOOST®-swamdoderspuitprogram ter beskerming van die produksiepotensiaal aanbeveel.

PAN 3R-586R en PAN 3R-786BR:

Hoë-insetbesproeiing: Hierdie twee nuwe opwindende toevoegings tot die besproeiingspakket is oor vele seisoene deeglik getoets en lewer besonder stabiele goeie prestasie. Plant hierdie basters met vertroue om stabiliteit by jou pakket te voeg. Dit is basters wat vinnig vorder tot blom en fisiologiese rypwording.

 Droëland: Hierdie basters presteer goed in die hoëpotensiaaldele van die oostelike Hoëveld (Mpumalanga en Oos-Vrystaat) en veral in KwaZulu-Natal. Met eienskappe soos sterk saailinge, goeie verdraagsaamheid teen blaarsiektes en staanvermoë is hierdie ultravinnige basters ’n baie goeie keuse. Plant hulle teen minstens 20 tot 30% hoër plante-stand as die medium-groep basters (≥45 000 plante per hektaar).

 Hulle is amper so vinnig soos die vorige platform en toon goeie verdraag-saamheid teen blaarsiektes, veral phaeosphaeria en grysblaarvlek. Hulle verdra hittespanning goed, ’n goeie eienskap vir die warm Noord-Kaap-produksiegebiede.

PAN 3R-500R en PAN 3R-700BR:

Hoë-insetbesproeiing: Hierdie basters is baie goed aangepas in al die produksiegebiede onder besproeiing, teen plantestande van 80 000 tot 100 000 plante per hektaar. Hulle handhaaf baie goeie prestasie en stabiliteit in PANNAR se besproeiingsevaluasieproewe. Hierdie is baie goeie spanmaats vir PAN 3Q-740BR en PAN 3P-502R en is bestem om hulle te vervang. Hier-die platform lewer ’n hoë volume en gehalte kuilvoer.

Droëland: Hierdie basters is goed aangepas in die oostelike produksiegebiede en word teen ’n 20 tot 30% hoër plantestand (≥45 000 plante per hektaar) as wat normaalweg op droëland aangeplant word, aanbeveel.

Die basters het ’n aantreklike planttipe met goeie staanvermoë en kopplasing. Hulle lewer ’n goeie gehalte semi-blinkpitgraantipe. Waar blaarsiektes gewoonlik voorkom, word die YIELDBOOST®-swamdoderspuitprogram ter beskerming van die produksiepotensiaal aanbeveel.

Vinnige pakket:

PAN 4A-156:

Droëland: ’n Nuwe baster wat veral aangepas is vir KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Oos-Vrystaat. PAN 4A-156 is bestem vir die hoëpotensiaallande. ’n Hoër plantbevolking word aanbeveel, aangesien dit geneig is om enkelkoppig te wees. Dit het die vermoë om meer rye pitte as die gemiddelde basters te produseer en kan tot 22 rye op ’n kop maak. Dit is ’n goeie spanmaat vir PAN 4A-172 en PAN 5A-182.

Besproeiing: Dit pas goed in waar slegs ’n enkele oes van mielies onder besproeiing of aanvullende besproeiing verbou word. ’n Plantestand van hoogstens 60 000 plante per hektaar word aanbeveel.

 Dit het goeie verdraagsaamheid teen blaarsiektes en veral phaeosphaeria.

PAN 4R-672R:

Droëland: Hierdie opwindende nuwe, vinnige geelbaster is die stalmaat van PAN 4A-172 wat die afgelope twee jaar koning kraai in PANNAR se baster-evaluasieproewe, in die besonder in die Oos-Vrystaat. Hierdie twee basters is ’n uitstekende keuse vir die oostelike Hoëveld (Mpumalanga en Oos-Vrystaat).

 Die basters bied goeie agronomiese balans en is geneig om die koppe laag op die stam te dra. Staanvermoë is baie goed. In gebiede waar noordelike blaarskroei ondervind word, word die YIELDBOOST®-swamdoderspuitprogram aanbeveel om die siekte in toom te hou en die opbrengspotensiaal te beskerm.

PAN 4R-728BR:

Droëland: Hierdie baster in die vinnige groeiklas het goeie verdraagsaamheid teenoor bruinroes en ’n uitstekende opbrengspotensiaal. Dit is goed aangepas vir die hele oostelike produksiegebied en behoort vir hoëpotensiaallande oorweeg te word, waar dit sy volle potensiaal kan bereik. Hierdie agronomies goed gebalanseerde baster is geskik vir hoë plantbevolkings.

 Besproeiing: Dit pas goed in waar slegs ’n enkele mielie-oes onder besproeiing of aanvullende besproeiing verbou word. ’n Plantestand van hoogstens 70 000 plante per hektaar word aanbeveel.

Medium-vinnige pakket:

PAN 5A-190 en PAN 5R-590R

PAN 5R-590R

Droëland: Hierdie basters in die medium-vinnige groeiklas is perfek geskik vir die oostelike produksiegebiede van Mpumalanga en die Oos-Vrystaat. Die groot planttipe van die basters maak dit besonder geskik vir kuilvoerproduksie.

 Die basters beskik oor uitstekende vroeë groeikragtigheid en hulle is enkelkoppig met ’n goeie staanvermoë. Dit is ’n baie gesonde planttipe met goeie algemene siekteverdraagsaamheid en spesifiek diplodia kopvrot- en bruinroesverdraagsaamheid.

PAN 5A-154 en PAN 5R-554R:

Droëland: Hierdie basters is opwindende toevoegings tot die PANNAR-pakket. Hulle presteer uitstekend in die PANNAR-kultivarevaluasieprogram oor ’n wye verskeidenheid van omgewingstoestande, wat dui op goeie opbrengsstabiliteit en aanpasbaarheid. Die basters kan by lae plantbevolkings meerkoppig wees. Dit handhaaf ’n redelike vaste kopgrootte met ’n mooi, diep-oranje graantipe. PAN 5A-154 is ’n stabiele spanmaat vir PAN 5A-182 en word as deel van ’n geelpakket aanbeveel om die risiko ten opsigte van die omgewingsfaktore te versprei.

Besproeiing: Dit kan met groot sukses aangeplant word waar slegs ’n enkele oes onder besproeiing of aanvullende besproeiing beplan word.

Die basters beskik oor goeie staanvermoë en algemene siekteverdraag-saamheid en toon goeie verdraagsaamheid teen diplodia kopvrot.

• Sojabone presteer puik

Sojaboonaanbevelings vir die verskillende produksiegebiede:

PANNAR se sojaboonkultivars is jaar na jaar die toppresteerders in nasionale proewe – die resultaat van die mees omvattende sojaboon-evalueringsprogram in Suid-Afrika. Die pakket is ’n bewese en veilige keuse met ongeëwenaarde stabiliteit by verskillende opbrengspotensiaalvlakke en oor verskillende produksiegebiede. PANNAR bied ’n volledige pakket van groeiklasse vir elke produksiegebied/plantdatumkombinasie.

PANNAR het toegang tot die beste kommersiële sojaboonkultivars, hetsy plaaslik of in die buiteland ontwikkel. PANNAR se beleid is om die beste moontlike kultivars in die Suid-Afrikaanse mark vry te stel, ongeag vanwaar hulle afkomstig is. Wat meer is, indien ’n kultivar in ons kultivarreeks voorkom, het jy die gemoedsrus dat dit reeds deeglik deur die omvattendste evalueringsprogram in Suid-Afrika getoets is.

PAN 1644R

Indien jy tans PAN 1623R aanplant, kan jy gerus PAN 1644R probeer. Dit pas in die ses-groeiklas en is ideaal as ’n aanvullende kultivar in ’n sojaboonpak-ket in die gematigde en warm droëlandgebiede. Alhoewel baie van die eienskappe soortgelyk aan PAN 1623R is, het dit ’n paar verbeterde eienskappe, wat dit selfs meer veelsydig maak.

PAN 1653R

Hierdie is ’n kultivar met smal blare soortgelyk aan die ou bekende PAN 737R.

Die smal blaarvorm gee beter lig-indringing in die plantry. Dit is ’n korter planttipe as die ander kultivars in die medium en later groeiklasse, het goeie staanvermoë en is wyd aangepas. Dit pas in die ses-groeiklas, geskik vir aanplanting in die gematigde en warm droëlandproduksiegebiede. PAN 1644R en PAN 1653R is goeie aanvullende kultivars vir die gevestigde staatmakers, PAN 1521R en PAN 1623R.

PAN 1521R en PAN 1623R is twee gevestigde kultivars met uitsonderlike prestasie en stabiliteit. Hulle word aangevul deur PAN 1532R, ’n effens vinniger alternatief, en die twee nuwe kultivars: PAN 1644R en PAN 1653R.

• Koring kraai koning

PANNAR bied ’n gedugte koringpakket vir produksie op droëland en onder besproeiing. Die uitstekende resultate in die LNR-Kleingraaninstituut se nasiona-le proewe bevestig die uitstekende opbrengspotensiaal, stabiliteit en aanpasbaarheid in die verskillende produksiegebiede.

PAN3541:

In die onderskeie besproeiingsgebiede is PANNAR letterlik ’n “eenstopsaadverskaffer”. Die pakket van lentetipes spog met hoëopbrengspotensiaal-besproeiingskultivars wat in drie groeiklasse verdeel word, naamlik medium-laat, medium en medium-vinnig. Die pakket bestaan uit PAN 3497, PAN 3471, PAN 3541 en PAN 3400.

 PAN 3497, met sy ietwat langer groeitydperk as PAN 3471, is meer geskik vir vroeë aanplantings.

 PAN 3400, is met sy kort groeitydperk en uitstekende opbrengspotensiaal ideaal vir later aanplantings.

PAN3541

 PAN 3541 is ’n nuwe mediumgroei-seisoenkultivar bestem as die nuwe vlagskip en om PAN 3471 in die toekoms te vervang. PAN 3541 stel ’n nuwe standaard vir opbrengs in die mediumgroeiklas en bied boonop goeie strooisterkte, staanvermoë en verdraagsaamheid teen die heersende streep- en blaarroespatotipes. Die PANNAR-pakket is ’n besliste keuse vir die besproeiingsboer.

Drie slimkop-landboustudente van Tukkies, Charné du Toit, Jean Annandale en Lize Elliot, het hulle verwonder aan die toewyding, wetenskap en kundigheid waarvan PANNAR se Delmas-Extravaganza spreek en soek nou ’n bietjie lafenis in die ruimhartige verversingstent.

Vir meer inligting oor PANNAR se puik produkte en rotsvaste rugsteun aan die boer, praat met Christin Hunter, bemarkingskommunikasiebestuurder 033-413-9561 of e-pos christin.hunter@pannar.co.za. Besoek ook www.pannar.com en verwonder jou aan al die maniere waarop PANNAR die boer se lewe makliker en sy boerdery winsgewender maak.

Christo Ferreira en sy pa, Hannes, van Perdekop naby Standerton bekyk van die sojaboonkultivars wat Pannar bied.
0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0