My mielies val om: Hoekom?

mielies-wat-omval
deur Martin Brandt, landboukundige, Pioneer
Mielies val dikwels om wanneer spanning tydens die graanvulproses die hoeveelheid koolhidrate wat aan die stam en wortels onttrek word, verhoog.
՚n Paar redes hoekom mielies omval:
- As gevolg van ՚n verskeidenheid spanningsfaktore gedurende die seisoen wat stamsterkte en/of stamgehalte beïnvloed.
- Die belangrikste spanningsfaktore wat tot omval lei is: droogte, min sonlig, insek- en siektedruk en lae vrugbaarheid.
- Stamprobleme ontstaan selfs wanneer goeie groeitoestande gevolg word deur minder gunstige omgewingstoestande.
- Die hoë aanvraag na koolhidrate tydens graanvulling. Wanneer die plant nie voldoende koolhidrate kry deur fotosintese nie en dit dus uit die stamme en wortels moet onttrek.
- Graanvul is die plant se hoogste prioriteit.

Faktore wat omval kan bevorder
Spanningstoestande
Wanneer ՚n mielieplant onder spanning verkeer, word fotosintese minder. As dit tydens graanvul plaasvind, is dit baie nadelig. In droogte en hitte maak die blare toe en dan fotosinteer die plant nie ten volle nie.
Bewolkte weer
Fotosintese neem drasties af in lang tydperke van bewolkte weer.
Haelskade
Hael verminder die blaaroppervlak drasties. Dit kan daartoe lei dat die plant sy nodige koolhidrate by die wortels en stam gaan kry pleks van deur sy blare. Dit verswak die wortels en stamme.
Oormatige reën
Wanneer baie reën in ՚n kort tydperk val saam met sterk wind, kan sekere kultivars met swakker wortelstelsels omval.
Hoë plantestand
Dit veroorsaak dat mielieplante meer regop en hoër groei weens mededinging om sonlig. Plante met dunner stamme kom dus voor en kan, as dit deur ՚n swam besmet word, makliker omval.
Te veel water
Lei tot versuiptoestande en verswak wortelgroei en -ontwikkeling.
Voedingstekorte of wanbalanse
Hoë vlakke van stikstof (N) en lae vlakke van fosfaat (P) verlaag stamgehalte.
Insekskade
Die mieliestronkboorder (Busseola fusca) vreet gate in die plant se stam, verswak die stam en maak dit vatbaarder vir swamme. Plant kultivars met die BT-geen om stamboorderskade te vermy.
Blaarsiektes
Noordelike blaarskroei en grysblaarvlek verminder die blaaroppervlak en dit verminder fotosintese.
Kultivarvatbaarheid
Plant kultivars met weerstand teen stamvrot en met ՚n sterker staanvermoë.

Belangrikste spanningsfaktore wat fotosintese beïnvloed
Die tempo van fotosintese of die blaaroppervlak word verminder deur:
- Droogte
- Min sonlig
- Insekdruk
- Siektedruk
- Lae grondvrugbaarheid
As fotosintese nie in die energiebehoefte vir die ontwikkeling van die pitte kan voorsien nie, verplaas die plant koolhidrate van die wortels en stam na die kop. Stamvrotorganismes kan dan verswakte en sterwende lantweefsels binnedring.
Stamprobleme:
Kan selfs ontstaan wanneer goeie groeitoestande gevolg word deur minder gunstige omgewingstoestande.
Bykomende faktore soos:
- Grondvrugbaarheid
- Gewasbestuur
- Mikro-omgewingseffekte kan die probleem op sekere lande verhoog
Verdere bydraende faktore:
Daar is ՚n aantal faktore wat kan bydra tot omval by mielies, maar dit word meestal geassosieer met ՚n kombinasie van verswakte stamme as gevolg van ՚n soort spanning tydens graanvul, en stamvrotpatogene wat daarna die verswakte stamme binnedring.
Erge weersomstandighede tydens afdroging kan ՚n primêre of bydraende oorsaak van omval wees. In baie gevalle sal stamme wat reeds swak is, onder sterk winde en reën breek.
Insekbesmetting, veral dié van die tweede generasie mieliestamboorder, kan ՚n oorsaak van omval wees, maar is nou baie minder algemeen as gevolg van Bt-mielies.

Spanningsfaktore wat aanleiding gee tot swak stamme
Droogtespanning
Die afname in fotosintaat (suikers) weens droogtespanning is deeglik gedokumenteer.
Wat regstreeks beïnvloed word is:
- Waterverhoudings
- Koolstofdioksied
- Suurstofuitruiling
As blare toedraai tydens droogte, word die doeltreffende blaaroppervlak vir
sonlig verminder en dit verlaag lignienneerlegging in die stamwand, wat die stam baie swak maak.
Grondvrugbaarheid
Navorsers het bevind dat grondvrugbaarheid ՚n diepgaande uitwerking op die gehalte van die stam het.
Die opvallendste is navorsing wat toon dat ՚n kombinasie van hoë stikstof en lae kalium die gehalte van die stam ernstig kan verlaag
Die rol van stikstof (N)
- Hoë stikstof hou verband met ՚n groter aantal pitte, wat die vraag na koolhidrate na die kop verhoog.
- Hoër stikstof help ook om hierdie koolhidrate aan die stam te onttrek en na die kop te verplaas deur die verplasingstempo in die plant te verhoog.
- Verhoogde stikstof lewer ook ՚n bydrae tot ’n verlaging van lignien-vaslegging in die stamwand.
Die rol van kalium (K)
- Die rol van kalium in die voorkoming van voortydige plantdood is al lank vasgestel.
- Kalium funksioneer in die opbou van blaar- en stamweefsel en om die beweging van water binne die plant te reguleer.
- ՚n Toename in kalium hou verband met verhoogde fotosintese.
Lae sonstraling
- Fotosintese is die doeltreffendste in volle sonlig.
- Die tempo van fotosintese neem in regstreekse verhouding toe met die intensiteit van sonlig.
- Fotosintese kan op ՚n bewolkte dag met meer as 50% afneem vergeleke met ՚n dag met helder sonskyn.
- Langdurige bewolkte toestande tydens graanvulling lei dikwels tot ՚n erge onttrekking van die stamreserwes.

Koolhidraatbehoefte
Tydens graanvulstadiums:
- Omvalprobleme kom dikwels uit spanning tydens graanvul, wat die hoeveelheid koolhidrate wat van die stamme en wortels gemobiliseer word, verhoog.
- By suksesvolle bestuiwing plaas kopontwikkeling ՚n groot vraag na die plant vir koolhidrate.
- Wanneer die eise van die ontwikkelende pitte die aanbod wat deur die blare geproduseer word oorskry, word stam- en wortelopbergingsreserwes gebruik.
- Omgewingspanning, wat die hoeveelheid fotosintaat wat deur die plant geproduseer word verminder, kan plante dwing om selfs groter persentasies stamkoolhidrate te onttrek, wat graanvulverhoudings ten koste van stamgehalte beskerm.
- Aangesien koolhidrate wat in die wortels en stamme geberg word na die kop gemobiliseer word, begin hierdie strukture afneem en verloor hulle gou hulle weerstand teen grondgedraagde patogene.
- Hoë temperature tydens graanvul verhoog die tempo waarteen swamme die plant binnedring en koloniseer.
- Alhoewel patogene ՚n sleutelrol in stamvrotontwikkeling speel, is dit hoofsaaklik die onvermoë van die plant om voldoende fotosintaat aan die ontwikkelende kop te verskaf wat die proses aan die gang sit.
Opsomming
- Hoë-opbrengsbasters kan hoë opbrengste lewer ten koste van laatseisoen stamknak.
- Hoër persentasies koolhidrate word erplaas tydens graanvulstadium.
- Die stamkrimpproses word weerspieël deur die vermindering in stamwanddikte.
- Die onderste stamlitte verswak, wat dan tot omval lei.
Vir meer inligting gaan na www.pioneer.com/za of stuur ՚n e-pos na info.rsa@pioneer.com.