Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 4th May 2026

Minder arbeid, meer uitset: Slim oplossings vir die moderne wolboer

By 3 min read
591 words

20260204_180320

Insetkoste styg, arbeid raak skaarser en die druk om winsgewend te bly, neem toe. Vir baie boere het dit reeds duidelik geword dat die antwoord nie noodwendig is om harder te werk nie, maar slimmer.

Een van die grootste verskille wat ’n boerdery kan maak, lê in hoe doeltreffend basiese prosesse hanteer word. In die wolbedryf, waar tyd en arbeid ’n direkte invloed op inkomste het, word dit besonder vinnig sigbaar.

By Kanna Industries is die fokus op die ontwikkeling van toerusting wat hierdie werklikheid aanspreek, praktiese, robuuste oplossings wat help om werk vinniger, veiliger en met minder arbeid te doen.

’n Nuwe standaard in wolpers

Tradisioneel is wolpersing ’n tydrowende en arbeidsintensiewe proses. Maar met die jongste verbeteringe aan Kanna se outomatiese wolpers, het dit dramaties verander.

Met hierdie pers kan een operateur ’n baal in ongeveer agt minute voltooi. Dit beteken nie net ’n vinniger skeerproses nie, maar ook ’n beduidende vermindering in arbeid.

Die implikasie is eenvoudig: as jy een arbeider minder nodig het en steeds meer werk doen, begin die masjien homself vinnig terugbetaal.

Die ingeboude elektroniese skaal help om elke baal se gewig konsekwent en optimaal te hou, terwyl verbeterde veiligheidskenmerke die operateur beskerm.

Dit is hoekom produsente dikwels sê: “Hoekom het ek dit nie al lankal aangeskaf nie?”

’n Oplossing vir elke boer

Nie elke boerdery werk op dieselfde skaal nie.

Benewens die outomatiese wolpers, bied Kanna ook die EH-wolpers – ’n meer bekostigbare oplossing wat steeds dieselfde betroubaarheid en werkverrigting lewer. Dit maak dit ideaal vir kleiner operasies waar eenvoud en koste ’n groot rol speel.

Baie kliënte stel dit eenvoudig: “Die Kanna-wolpers is die laaste masjien waarvan ek ontslae sal raak.”

En ander sê reguit: “Ek kan nie meer sonder hom skeer nie.”

Beheer van vloei: Die Kanna V-vorm-vervoerband

Waar baie skeer- en hanteringsprosesse vasval is nie by die pers nie, maar by die vloei van skape.

Die Kanna V-vorm-vervoerband is ontwikkel om juis hierdie probleem aan te spreek. Hoewel die konsep al lank in slagpale gebruik word, het Kanna dit aangepas en beskikbaar gemaak vir praktiese gebruik op die plaas.

Die masjien bestaan uit twee vervoerbande wat in ’n V-vorm teen mekaar geplaas is. Die skaap word vanuit die drukgang in die band gevang en sagkens vervoer met sy pote in die lug. In hierdie posisie kan die dier nie trap of rondbeweeg nie, wat hantering baie makliker en rustiger maak – en in die proses kan die skaap maklik omgedop word.

Die resultaat is beter beheer, minder stres op die dier en minder fisieke inspanning vir werkers.

Die band se spoed is verstelbaar volgens die werksvloei, en kan enige tyd gestop word met ’n voetpedaal wat oor die volle lengte van die masjien aan beide kante beskikbaar is. Dus het die operateur volle beheer oor die proses.

Verder kan die eenheid staties gebruik word of mobiel gemaak word, wat dit ideaal maak vir gebruik saam met mobiele krale en verskillende werksomgewings.

Gebou vir die werklikheid

Wat Kanna se toerusting onderskei, is nie net wat dit doen nie, maar hoe dit dit doen.

Elke masjien word ontwerp en vervaardig met die Suid-Afrikaanse werksomgewing in gedagte: robuust, eenvoudig en gebou om te hou.

Uiteindelik gaan dit nie oor die masjien nie, maar oor wat dit vir jou besigheid kan doen: Minder arbeid. Minder chaos. Meer beheer. Beter uitset.

En dit is waar werklike wins begin.

Vir meer inligting oor Kanna Industries se wol- en herwinningspers-oplossings, stuur ’n e-pos na willa@kannaindustries.co.za, skakel Willa Nolte by 072 333 1051 of besoek www.kannaindustries.co.za

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0