Meel Tortillas (Wraps)

Tortillas3
Bestanddele:
3 Koppies Meel
2 Teelepels Bakpoeier
1 Teelepel sout
6 Eetlepels Botter
1 ¼ Koppie Warm Water
Nou Maak jy So:
- Vryf botter in droeë bestanddele.
- Meng die meel met die water tot ‘n gladde en elastiese deeg.
- Rol in 10–12 ewe groot balletjies vir groot tortillas of in 20–24 kleiner balletjies vir klein tortillas.
- Laat staan vir 10 min.
- Rol so dun as moontlik uit en bak op droeë plaat tot borrels vorm.
- Draai om en bak tot gaar. Neem so 10 sekondes per kant.
- Vir ‘n alternatief: Sny die gaar tortillas in kleiner driehoeke en bak in die oond tot krakerig en gebruik as Nacho’s.
Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche van Deli-icious Catering. Kontak haar by 012-335-0051, 079-617-3122 of stuur vir haar ‘n e-pos na dvdm87@gmail.com vir bestellings. Jy kan ook haar webtuiste besoek: http://www.deliciouscatering.co.za
