Massey Ferguson se 175ste bestaansjaar was propvol mylpale

news-one-millionth-tractor-beauvais-01-770×433
Die MF-fabriek in Beauvais vier die miljoenste trekker vervaardig sedert 1960 toe dit oopgemaak het.
Massey Ferguson wys hoekom hulle steeds na byna twee eeue die voorkeur van soveel boere is. Nie net pak hulle die immerteenwoordige stryd teen brandstof kostes aan nie; hulle lewer getrou diens op plase waar dié handelsnaam steeds vertrou word.
Die begin van 2022 het steeds die nagevolge van die Covid-inperking gewys, maar Massey Ferguson het nie teruggekyk na die vorige twee jaar se uitdagings nie. Inteendeel, dié maatskappy het sy fokus op die toekoms gerig om probleme op te los sodat boere se produktiwiteit en winsgewendheid kan verbeter.
“Ons beleid is om die boer eerste te plaas. Daarom verbeter ons tegnologie om meer ekonomiese brandstofverbruik, meer doeltreffendheid en groter betroubaarheid te behaal,” sê dr Dominik Reus, besturende direkteur van AGCO Afrika.
Massey Ferguson bied verskeie ander hulpmiddels wat die boer help om kostes te bespaar en meer doeltreffend te werk, soos MF Guidance, die outomatiesebestuursfunksie en MF-seksiebeheer. Die betroubare AGCO Power-enjin verseker dat elke druppel diesel die beste, benutbaarste krag lewer – jaar na jaar na jaar.

Ferguson om hulle byna 3 000 Holstein-koeie te voer.
Só het MF by NAMPO geskitter
Tydens NAMPO het Dominik ook verduidelik dat boere genoodsaak is om heeltyd saam met tegnologie te verbeter om kostes laag te hou. Daarom speel AGCO steeds ՚n kernrol om bekostigbare, dog sterk en slim masjiene te vervaardig. Bo en behalwe werktuie wat die boer die nuutste tegnologie bied, is presisieboerdery-hulpmiddels net so nuttig.
“Ons bied tegnologie aan wat middelslag- tot megaboere help om inligting te te versamel, waarnemings te maak en met data te bemagtig waarmee besluite geneem kan word om die beste oeste te lewer,” vertel Dominik.
“Ons is daaraan toegewy om boere te help floreer. Ons slim oplossings en ondervinding begin by na ons mense luister om hulle behoeftes ten volle te verstaan.” Dominik het ook verduidelik dat hulle sal voortbou om handelaars te ondersteun en die handelsnetwerk uit te brei sodat MF immer gerieflik bereikbaar vir boere kan wees. Dit alles dra by tot die hulpvaardige dienslewering aan die kliënt.

geslag op die plaas, Spitskop, wat fluks vooruit boer met Massey
Ferguson. Dié plaas maak al 52 jaar staat op die mooi rooi trekkers.
Tevrede boere maak staat op Massey Ferguson
Hierdie volhoubare diens is iets waarna Massey Ferguson aanhou streef, en terugvoer vanaf tevrede boere bevestig dit. Een van hierdie boere is Nick Stubbs, hoofbestuurder van Stubbs Farming Partnership naby Pietermaritzburg. Hy praat met lof van die verskil wat die Massey Ferguson op sy melkplaas gemaak het. Daar gebruik hulle ՚n versameling van die MF Global-trekkerreeks, naamlik die 6711, 7614 en 7615. Die MF 6711-presisietrekker word gebruik vir presisiewerk soos die strooi van kunsmis en kalk op die aangeplante weiding. Die kragtiger MF 7614- en MF 7615-trekkers is ՚n aanwins om groter take, soos die sleep van swaar sleepwaens, lag-lag kaf te draf.
Stubbs Farming Partnership plant mielies, raaigras, Midland-mengsel en kikoejoe vir voer vir hulle byna 3 000 Holstein-koeie. Daar is ook ՚n jong avokado-been wat die plaas meer winsgewend maak. Andrew Nicholson, bestuurder van die Massey Ferguson-trekkerhandelaar, Farm Maintenance Services (FMS), in Pietermaritzburg, het Nick ongeveer vyf jaar gelede oorreed om sy eerste Massey Ferguson aan te skaf.
“Ek het gou die res van ons vloot na MF omgeskakel,” sê Nick. “MF se betroubaarheid het ons beïndruk. Dit kan die werk doen en is bekostigbaar.” Die ekonomiese brandstofverbruik is vir Nick ՚n belangrike voordeel. Met die magdom laaiwerk en vervoer van voer word die trekkers van 60 tot 98 kW orals ingespan.

Dit volg weer in die tweede seisoen ses werktuigkundiges in spanne
van drie. Die prys is R100 000, ՚n eenmalige geleentheid om die Massey Ferguson Beauvais-fabriek in Frankryk te besoek en om verdere
opleiding daar te ontvang.
Massey Ferguson vervaardig miljoenste trekker in Frankryk
2022 is nie net die Massey Ferguson se 175ste bestaansjaar nie, dit gedenk ook die vervaardiging van die miljoenste trekker by die Beauvais-fabriek in Frankryk. Die perseel is in 1960 aangekoop en deur die jare uitgebrei. Meer onlangs, gedurende 2020, het die fabriek nog ՚n verdere 15,7 ha bygekoop.
Die stappe wat AGCO toe geneem het, het werk geskep vir 300 werkers en ruimte gemaak vir meer en meer tegnologiese ontwikkelings soos die binnenshuise vervaardiging van hidrouliese pyp en gespesialiseerde 3D-drukkers vir pasmaakonderdele. Dit stel Massey Ferguson in staat om nog beter diens en produkte aan die boer te bied. Thierry Lhotte, vise-president en besturende direkteur van Massey Ferguson EAME, en president van AGCO in Frankryk, het die eenmiljoenste model aan die nuwe eienaar oorhandig. Dit is Massey Ferguson® 8S.305 DynaVT™ wat op Thierry Aubrée, ՚n saaiboer en kontrakteur van die dorpie La Chapelle-des-Fougeretz in Bretagne, Frankryk, se plaas tuis sal wees.

boere altyd die fokus van AGCO se besigheid bly, en daarom brei die
handelsnetwerk uit gedurende 2022 en bring brandstofbesparing steeds
oplossings vir boere.
Massey Ferguson stap lang paaie met boere
Terug op eie bodem lewer Massey Ferguson nie net gevorderde tegnologie in elke werktuig nie, maar ook betroubare diens wat diep in die geskiedenis en tradisie van sowel die boer as die handelsnaam is. As jy Brendon Puttick, gebiedsbestuurder van AGCO in die Wes-Kaap, daaroor vra, sal hy dadelik oor Hendrik-Pieter en Hanro Stiglingh begin praat. Hierdie broers is die vierde geslag op die plaas, Spitskop, in die Heidelberg-distrik.
Hulle het tussen die Masseys op die plaas grootgeword en soos meeste boerseuns het HendrikPieter selfs op ՚n 1105 MF leer bestuur. Wat egter die mees spesiale deel van die Stiglingh’s se geskiedenis is, is die lang pad wat al vier die geslagte met Massey Ferguson-trekkers gestap het; dit is nou al 52 jaar wat hierdie trekkers staatmakerwerk doen op Spitskop. In hierdie eeu is een van die hoofredes hoekom Massey Ferguson steeds gekies word die goeie brandstofverbruik en tegnologie wat die nodige ondersteuning aan hulle boerdery bied.
Die familie boer met koring, gars, kanola, hawer en lusern vir die Merinoskape waarvoor Hendrik-Pieter verantwoordelik. Hanro is hoofsaaklik verantwoordelik vir die saaigedeelte van die boerdery. Die gesin het verskeie Massey Fergusons in hulle stal, onder meer ՚n MF 8737, MF 7724 S-planter, MF 9335-selfloperspuit en MF 36-snyer. Hulle pa, Hendrik, verkies die 14-voet bandaangedrewe platsnyer omdat dit die kontoere op die plaas beter kan hanteer. Volgens Hanro word die MF 8737 en die MF 7724 goed ingespan vir hulle presisietegnologie, krag en suinige brandstofverbruik. Op die plaas gebruik die MF 8737 ongeveer 20 liter per uur om ՚n 12-meter minimumbewerkingplanter met 42 tande te sleep.
Daarom bly hulle vertroue in Massey Ferguson-werktuie vanselfsprekend. Die 7724S gebruik net sowat 16 liter diesel per uur en wys sy staal met ՚n 7,4-meter planter. Die trekker word ook gebruik vir spuitwerk wanneer daar klaar geplant is. Die MF 9335-selfloopspuit loop hoog bo die kanola sonder om die plante te verniel. Dit draf oor die skuinstes met gemak, spuit presies waar en hoeveel dit moet, en is lig op brandstof. Hendrik-Pieter vertel dat hulle die trekker se satellietstelsel gebruik om kunsmis toe te dien volgens die bepalings van die oesverslag. Die presisietegnologie in elke Massey Fergusonwerktuig is vir hulle onontbeerlik.
Merkwaardige meesterwerktuigkundiges uit die Massey Ferguson-stal
Massey Ferguson sluit ook die jaar op ՚n hoë noot af. Aan die begin van November is die tweede seisoen van Master Mechanics vrygestel. Hierdie trekkergegronde werklikheidsreeks is die eerste van sy soort en volg ses werktuigkundiges, in spanne van drie, per seisoen deur uitdagings waarvoor hulle punte verdien. Aan die einde van die seisoen word een wenspan aangekondig.
Die prys is R100 000, ՚n eenmalige geleentheid om die Massey Ferguson Beauvais-fabriek in Frankryk te besoek en om verdere opleiding daar te ontvang. Die nuutste seisoen is selfs beter en groter as die vorige een, maar bied steeds die geleentheid vir elke werktuigkundige om te wys wat in hom of haar steek, nie net in meganiese vaardighede nie, maar ook in die kennis van die teg nologie waarmee hulle daagliks werk. In seisoen twee sal kykers vir die eerste keer oor ՚n vroulike werktuigkundige sien deelneem. Enigiemand kan na hierdie reeks kyk op MF Master Mechanic se YouTube-kanaal, of op die Master Mechanic-webtuiste.
Spoor jou naaste Massey Ferguson handelaar op deur die webtuiste te besoek by www.masseyferguson.co.za.