Categories: Boer slim!, Vee en WildPublished On: 8th June 2023

Maklik en eenvoudige veebestuur met Petmar se veehanteringsprodukte

By 1 min read
258 words

sukkel-jy-om-jou-vee-te-bestuur-petmar-veehanterings-produkte-531069-284666

Petmar veehanteringsprodukte, vergemaklik veeboere se alledaagse uitdagings as dit kom by enting, weeg, laai en voer, met hulle innoverende produkte wat duursaam, maklik is om te gebruik en pasgemaak is volgens die boer se behoeftes. Dié produkte is met een ding in gedagte ontwerp en dit is om die stres van veeboerdery so bietjie te verlig. Spoedig, eenvoudig, volhoubaar!

Oorsprong van Petmar se bestaan

Toe ‘n tekort aan plaasarbeiders in die 1990’s ‘n kwessie geword het, het plaasseun Peet Jacobs van die Edenburg-distrik in die Vrystaat die probleem opgelos deur hoë gehalte veetoerusting vir boere te vervaardig.

Die naam PETMAR, ‘n anagram van die eerste drie letters van beide sy en sy enigste seun se doopname, is hoe die handelsnaam ontstaan het.

“Petmar is nie net ‘n handelsmerk nie, maar ‘n nalatenskap”

sê Petri Jacobs.

Peet Jacobs en Petri Jacobs langs hulle 3 rigting sorterings skaalkrat vir skape.

Volgens Peet Jacobs is “bekostigbare gehalte en dienslewering” die leuse van Petmar, omrede kliëntediens hulle top prioriteit is.

Petmar se produkreeks:

Om aan die behoeftes van hul kliënte te voldoen, het Peet en sy span ‘n wye verskeidenheid produkte ontwikkel, waarvan sommige op bestelling gemaak  word.

Veehanteringsprodukte sluit die volgende in:

  • Beesdrukgang
  • Drukgang met nekklamp en skuifhek
  • Hoëspoed-laaibank
  • Voerringe
  • Bees/skaap voerders
  • Bees/skaap selfvoerders
  • Skaapskaal
  • Drie rigting skaapskaal
  • Waterkrippe

En vele meer…

Vir meer inligting kontak vir Peet by +27(0)82-773-5876 of Petri by +27(0)76-255-4162, of besoek hulle webwerf by https://www.petmar.co.za/ of hulle Facebook-blad by https://www.facebook.com/profile.php?id=100057141292789

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0