Categories: Artikels, Augustus, Landboukalender, VeilingsPublished On: 20th July 2023

Majobe Merinos: Boer moeiteloos in ekstensiewe omstandighede

By 2 min read
424 words

Majobe MerinosThumbnails

Die moderne Merino van die 21ste eeu is meer as net die skouskaap van meer as 20 tot 30 jaar gelede, wat toe hoofsaaklik net op voorkomseienskappe, op grond van rasstandaarde, met behulp van die hand en die oog geselekteer is. Die Merino van vandag is die eindproduk van volgehoue visuele seleksie vir rasstandaarde (soms met behulp van liniêre beoordeling) en die toepassing van wetenskaplike seleksiemetodes.

In die hartjie van die Vrystaat op die plaas Vlaklaagte, geleë net buite Bothaville, is die Majobe Merino-stoet die hartklop van die boerdery. Johan Hoffman en sy familie boer sedert 1998 met Merino’s.

Die verbetering van vrugbaarheid en selektiewe teling is twee van die stoetery se kenmerkende eienskappe.

Majobe Merino’s floreer in ekstensiewe omstandighede

Weivelde is om verskeie redes ’n gewilde keuse vir boere wat merinoskape boer. In die eerste plek word merinoskape allerweë beskou as van die beste wolrasse in die land as nie ter wêreld nie. In die tekstielbedryf is Merino’s in groot aanvraag vir hulle digte, fyn wol. Boere wat met merinoskape boer, kan groot voordeel trek uit die groot aanvraag na merinowol op die Suid-Afrikaanse mark.

Trotse Johan Hoffman met een van sy top Merino ramme.

Merinoskape is weens hulle aanpasbaarheid op weiding ’n goeie vee-opsie vir grootskaalse plase en boerderye. Die doeltreffendheid waarmee skape voer en/of weiding na wol en vleis omsit, is een van die belangrikste faktore wat die winsgewendheid van ‘n skaapboerdery bepaal. Die merino-ras is veral gewild onder boere omrede hulle doeltreffendheid gras en voer in vleis en wol te omskep.

Boonop kan merinoskape by ‘n wye verskeidenheid klimate aanpas danksy hulle gehardheid en weerstand teen uiterste weer. Dit maak hulle ‘n goeie opsie vir boere wat uitset en inkomste wil maksimeer ten spyte van uitdaging in ‘n wye verskeidenheid omgewings.

“Daar is een reël wat elke entoesias moet volg: Jou stokperdjie moet meer inkomste genereer as wat dit verbruik. Die grootmaak van Merinoskape op ekstensiewe weiding is koste-effektief en winsgewend,” beveel Johan aan.

Dagboek 22 Augustus 2023 om 11:00 vir Majobe Merino’s se veiling te plaas Vlaklaagte, Bothaville.

Op aanbod:

  • +- 60 ramme
  • +- 100 stoorlammers
  • +- 500 ooie (dragtigheid sal bevestig word met veiling)
  • Volledige veevoerfabriek
  • Mercedes-vragmotor (dubbeldek-skaapwa)

Kliek hier om die veiling op Agri4all te sien

Vir meer inligting oor Majobe se geharde en produktiewe Merinos, skakel Johan by (+27) 82-455-8871 of stuur ‘n e-pos na hoffmanj@lantic.net.

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com

Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0