Magi-Clamp: Slim vasmaakkrag waarop elke boer kan vertrou

NAM09938
Neels Grieshaber wys hoe sterk en duursaam Magi-Clamp is by NAMPO Kaap 2026.
Op ’n plaas moet ’n boer altyd probeer verhoed dat ’n klein probleem in iets ergers ontaard. ’n Pyp wat lek, ’n verbinding wat loskom of iets wat vinnig en stewig vasgebind moet word, verg gewoonlik ’n eenvoudige en betroubare oplossing.
Om hierdie en soortgelyke probleme te oorbrug, kan boere met ’n geruste hart staatmaak op Magi-Clamp.
Magi-Clamp is vanjaar reeds 21 jaar op die mark. Sedert sy ontstaan in 2004 het hierdie Suid-Afrikaanse produk gewys dat hy so betroubaar is dat hy sy plek in alle boere se gereedskapskiste verdien.
Elke Magi-Clamp kom met ’n lewenslange waarborg en baie boere sê hulle gebruik al jare lank hierdie produk en dat dit steeds so goed werk as die dag wat hulle dit aangeskaf het.
Magi-Clamp is ideaal vir boere

Boere kan enige grootte pype maklik en stewig vasmaak met Magi-Clamp.
Magi-Clamp se oorsprong lê juis in die soort uitdagings waarmee boere gereeld te doen kry.
Neels Grieshaber, ’n boer van die Ellisras-omgewing, het met die ontwikkeling van die produk begin nadat stukkende waterpype op die plaas en pype in voertuie herhaaldelik probleme veroorsaak het. Hy het voortgebou op die baanbrekerswerk wat sy oorlede oom Jimmy Grieshaber gedoen het en die konsep verder ontwikkel en verfyn.
Die resultaat was die Magi-Clamp: ’n veeldoelige draadklamptang wat ontwerp is om stewige verbindings te vorm rondom onder meer pype, slange en ander soorte materiaal.
Oor die jare heen het hierdie doeltreffende draadklamptang veranderinge ondergaan, en die verbeterde Magi-Clamp is steeds van uiters hoë gehalte. Elke tang word vervaardig van hoëgehaltestaal en is ’n soliede stuk gereedskap wat nie terugstaan vir enige uitdaging nie.
Geen probleem is te groot of te klein nie
Magi-Clamp is besonder handig vanweë sy veelsydigheid. Dit kan gebruik word om plastiek aan koper, rubber aan staal, en plastiek aan staal te heg. Die tang kan ook gebruik word vir pypverbindings, hout-aan-hout-bindings en ander toepassings wat ’n sterk stuk gereedskap benodig.
Om die effektiwiteit van Magi-Clamp aan besoekers by NAMPO Kaap ten toon te stel, het Neels 10 verskillende soorte pype wat van verskillende soorte materiale vervaardig is, met draadklampe gebind. Daarna is waterdruk van 18 bar met ’n hoëdrukpomp deur die gelaste pype gestoot. Met sy demonstrasie het Neels bewys dat sy Magi-Clamp-laste hierdie geweldige druk sommer maklik kan weerstaan.
As gevolg van Magi-Clamp se uitstekende resultate, kan boere dit onder meer inspan wanneer dit kom by die herstel en instandhouding van byvoorbeeld besproeiingspype, sowel as vele ander pype en verbindings wat daagliks hul deel in die boerdery moet doen.
Die Magi-Clamp beperk boere ook nie tot voorafvervaardigde klampe van ’n spesifieke grootte nie. Die draad word rondom die betrokke materiaal geplaas en met die Magi-Clamp styfgetrek om ’n klamp vir die spesifieke toepassing te vorm.
Die Magi-Clamp Deluxe-model is geskik vir draad met ’n dikte van 0,5 mm tot 2, 5 mm terwyl die Jumbo-model ingespan kan word vir draad met ’n dikte van 4 mm tot 5 mm.

Deluxe of Jumbo: Laat Magi-Clamp vir jou werk
Die Deluxe-model is ’n handige keuse vir algemene herstelwerk en kleiner pyp- en slangverbindings.
Die Jumbo-model, wat vir groter en swaarder toepassings ontwikkel is, bied meer hefkrag en kan dikker draad hanteer, wat dit veral geskik maak vir landboutoepassings soos HDPE- en suigpype waar ’n sterker binding nodig is.
Albei modelle is effektief omdat die model, afhangend van jou vereistes, gebruik kan word vir ’n verskeidenheid soort toepassings en bindings.
Só werk die proses
Plaas die punt van die draad in die gat aan die een kant, buig jou draad om die ronding, draai die draad om die pyp en trek dit styf. Dit vorm ’n ronde las wat geen hoeke maak of jou pyp buig nie.
Die draadpunte kan ook met die draadklamptang afgesny word nadat die klamp aangeheg is sodat so min as moontlik draad in die slag bly. Met Magi-Clamp se nuwe ontwerp kan jy ook die agterkant van die handvatsel gebruik om enige draadpunte wat uitstaan, plat te druk.

Neels Grieshaber wys by NAMPO Kaap hoe maklik dit is om met ’n Magi-Clamp te werk.
Waarom draad?
Draad is ’n eenvoudige en geredelik beskikbare bindmedium en daarom hou dit groot voordele in vir die gebruik van hierdie draadklamptange.
In plaas daarvan dat ’n boer verskillende groottes klampe vir elke pyp of uiteenlopende herstelwerk byderhand moet hou, kan draad volgens die grootte van die voorwerp gebruik word. Die Magi-Clamp trek dit dan eenvoudig styf en vorm die binding.
Dus is Magi-Clamp ontwerp om die draad se trekkrag doeltreffend te benut sonder om dit onnodig te beskadig.
Magi-Clamp: ’n Staatmaker soos min
Boere en besoekers van regoor die land kon vanjaar by NAMPO Kaap eerstehands beleef hoe veeldoelig Magi-Clamp is. Vanweë Neels se demonstrasies, is hulle toegerus met die kennis en die nodige inligting om self draadklampe met hierdie indrukwekkende produk te maak.
Ná 21 jaar in die mark is Magi-Clamp steeds die enigste, alles-in-een-klampmaker ter wêreld wat binne 30 sekondes ’n lekvrye draadklamp kan maak en dit dan ook kan afknip! Dit beteken maksimum doeltreffendheid, minimum mors en ’n stuk betroubare gereedskap wat jy nie sommer maklik sal hoef te vervang nie.
Die antwoord is eenvoudig: kies Magi-Clamp. Jy sal nie spyt wees nie.
Vir meer inligting oor Magi-Clamp en die Deluxe- en Jumbo-modelle, besoek die Magi-Clamp-webwerf of kontak die span om uit te vind watter model die beste by jou toepassing sal pas.