Categories: Artikels, WielePublished On: 4th February 2025

Maak wildkyk lekker saam met Mahindra Alberton en JagLekker.co.za

By 2 min read
480 words

WhatsApp Image 2025-01-22 at 08.52.13 (1)

Suid-Afrikaners is baie trots op ons wild en natuur. Duisende buitelanders stroom jaarliks hierheen vir die geleentheid om ons groot vyf te sien. Min dinge is so lekker soos ՚n wildrit wanneer die son opkom of ondergaan, veral wanneer jy dit doen in ՚n wildkykvoertuig waar jy so naby as moontlik aan die diere kan kom.

Hierdie voertuie is nie net vir wildkyk nie, maar word ook deur jagters gebruik. JagLekker is geesdriftig oor die wildervaring wat hulle bied met dieselfde tipe geesdrif as wat Mahindra Alberton vir hulle produkte het. Om JagLekker te ondersteun, het Mahindra Alberton onlangs ՚n splinternuwe pasgemaakte wildkykvoertuig aan die JagLekker-span voorsien. Hierdie voertuig sal op safari’s en jagtogte regoor Suid Afrika gebruik word.

So ՚n voertuig moet uiteraard taai en rats genoeg wees om die kronkelpaaie en heuwels van die bos te kan aanpak. Daarom het hulle een van hulle Mahindra S4 4×4 bakkies in ՚n wildkykvoertuig omskep.

Wildkyk verg krag

Die Mahindra S4 4×4 se viersilinderturbodieselenjin van 2,2 liter met drukbuisinspuiting lewer 103 kW en 320 Nm wringkrag. Die voertuig dra lag-lag 1,2 ton en hy kan 2,5 ton sleep. Sy brandstoftenk hou 80 liter en met sy brandstofverbruik van 12,6 liter per 100 km kan jy verseker wees dat jy heeldag in die bos kan baljaar.

Gemak op sy beste

Die raamwerk van die wildkykvoertuig is stewig en sterk en kan ՚n groot gewig kan dra. Die Mahindra S4 4×4 se bladvere is versterk en die voertuig dra die raamwerk en nege volwasse passasiers met gemak. Vir ekstra veelsydigheid is die voertuig se kajuit oop bo. Dit gee die bestuurder vars lug en laat hom toe om regop staan om na die wild te kyk. Wanneer dit reën of koud is, word die opening met ՚n seiltjie toegemaak. Agter op die bak is trappe vir gemaklik in- en uitklim en die topgehalte seil waarvan die sitplekke, dak en kante gemaak is, is ook gebruik vir sakke sodat persoonlike besittings soos kameras en verkykers veilig gebêre kan word.

Quintis Grobler van JagLekker ontvang die wildkykvoertuig se sleutels by Gert Erasmus van Mahindra Alberton.

Die S4 se grootboetie

Die Mahindra-bakkie is ook in die S6 4×2 en 4×4 beskikbaar. Die Mahindra S6 is net so effens meer luuks, maar het dieselfde krag en kapasiteit. Die S4 sowel as die S6 is gewaarborg vir 4 jaar of 120 000 km. Terwyl die S6 ՚n standaard diensplan van 5 jaar of 90 000 km het, is daar die opsie beskikbaar om ՚n diensplan vir die S4 ook by te kry. As ՚n ekstra bonus het albei 4 jaar of 120 000 km padbystand. Mahindra is al 21 jaar in Suid-Afrika en hulle is nie net bekend vir hulle gehalte voertuie wat lig is op brandstof nie, maar ook vir die diens wat hulle voertuie en die bekwame Mahindraspan lewer.

Indien jy belangstel om self so ‘n merkwaardige voertuig aan te skaf, besoek gerus Mahindra Alberton se webtuiste by www.mahindraalberton.com. 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0