Maak kennis met landboutegnologie van Israel

0001
Daar is nog enkele plekke beskikbaar vir boere by die Agritech Roadshow-program wat op Maandag 25 Maart in Pretoria aangebied word.
Die Produce Marketing Association (PMA) bied die geleentheid aan. Toegang is gratis, maar registrasie is noodsaaklik.
Inligting oor nuwe saadontwikkeling, besproeiingstegnologie, pakhuisoplossings en elektroniese meting word beskikbaar gestel en daar is genoeg tyd vir boere om met verteenwoordigers van die maatskappye te gesels.
Kliek hier om te registreer.
Die Agritech Roadshow is ook ‘n voorlooper van die Fresh Connections-skou wat in Julie in Kaapstad aangebied word.