Maak ISUZU die hart van jou landbou-onderneming

DSC_0486
Die NPS 300 4x4-vragmotor met ՚n Cab Crew-kajuit.
Niks op ՚n plaas, behalwe natuurlike hulpbronne soos grond en water, daag daar op sonder die hulp van ՚n vervoermiddel nie. Alle basiese boustene vir infrastruktuur, soos pype, bakstene, sement, staal, of wat ook al jy gebruik om jou boerdery te bou, word met ՚n vragmotor aangery.
Insette op die plaas, soos kunsmis, saad, voer en werktuie word met ՚n trok afgelewer. Daai spogbul is waarskynlik ook per trok aangery! Die mielies, vleis en groente wat geproduseer word loop ook nie na die volgende punt in die voedselketting nie. ՚n Goeie plaasvervoervennoot is dus onontbeerlik! ISUZU-trokke bied ՚n oplossing vir elke boer en rolspeler in die voedselketting se behoeftes. ISUZU streef daarna om vervoermiddels te bou wat waarde tot die verbruiker se lewe en onderneming toevoeg.
“ISUZU is ՚n handelsnaam vir die samelewing. Ons besef dat ՚n vragmotor die hart van alles is; dit bring benodigdhede na die plaas en neem produkte na die publiek.
Craig Uren, senior adjunk-president van Inkomsteskepping, sê: “Dit is onvermydelik dat ons ՚n handelsnaam vir die samelewing is, want ons vervaardig kommersiële voertuie wat waarde toevoeg tot jou onderneming en ՚n verskil maak. Daarom verwelkom ons verwagtinge en werk doelgerig daaraan om daaraan te voldoen.”
Die maatskappy vind inspirasie in hulle waardes van veerkragtigheid, empatie, konteks en deursigtigheid. Craig sê dit is wat hulle op koers hou. Tydens die ISUZU-vragmotoroplossingekspo wat in Augustus in Modderfontein aangebied is, het hy meer vertel oor die voordele van hierdie vragmotors.

teenwoordig. Hier is Mpho Nkhumeleni, Craig Uren en Michael Corney.
՚n Skoner lewe
Die nuwe vragmotors wat hulle in die mark vrystel gaan nie net oor gehalte nie, maar bied ook groener oplossings. Drie modelle uit die ISUZU F-reeks voldoen aan Euro 5-standaarde om skadelike uitlaatgasse te verminder. Die ISUZU-stelsel benodig geen bymiddels om ՚n skoon uitlaat te verkry nie. Die voordeel vir die boer is dat ՚n ISUZU-vragmotor wat aan hierdie standaarde voldoen ՚n waarborg vir die handelsnaam se gehalte bied.
“Boere wat verplig word om aan sekere vereistes te voldoen met betrekking tot uitlaatgasse, kan verseker wees hulle bereik dit wanneer hulle produkte aan supermarkte of kettingwinkels lewer. Daar is verskeie rolspelers in die waardeketting wat hierdie vereistes aan die boer stel en om vervoer in plek te hê wat aan Euro 5-standaarde voldoen is ՚n tree nader daaraan om jou kliënt tevrede te stel,” verduidelik Craig.

Veeldoelig en doeltreffend
“Ons Crew Cabin-kajuite is baie gewild onder boere,” vertel hy. “Hierdie soort kajuite maak ՚n trok veeldoelig; ՚n belangrike faktor wat oorweeg moet word wanneer jy kapitaal aan ՚n bate bestee.” Die Crew Cabin-trokke stel jou in staat om sowel ՚n vrag as personeel te vervoer. Dit kan sewe insittendes akkommodeer en dus hoef jy nie nog ՚n motor met mense agterna te stuur om met die werk te help nie. Met die huidige brandstofpryse is jou sak ook sommer tevrede!
“Baie van die boere wat ons vragmotors graag gebruik het hulle eie slagpale. Hulle verkies die agt-ton FTRvragmotors (FTR 850 SWB, FTR 850 AMT en FTR 850 AMT) wat voldoen aan Euro 5-vereistes,” vertel Craig. Dit stel boere in staat om groot vragte karkasse te laat hang en in verkoeling te vervoer na slaghuise of supermarkte.
Slaggereed vir elke pad Daar is ISUZU-vragmotors wat spesiaal op viertrek-onderstelle gemonteer is. Die 4×4-vragmotors is gebou om te hou ongeag of hulle die veld, pad of lande aandurf. Dit is ideaal vir strawwe omstandighede soos grondpaaie of steiltes. Daarby kan dit met Goodyear se OffRoad ORD-bande gekombineer word om sonder sukkel ՚n verskeidenheid weeren omgewingstoestande te hanteer. Die kenmerkende seshoekige loopvlak van die band pas aan by verskeie terreine soos sand, klip of modder.
Een van die viertrek-trokke is die NPS 300 4×4. Dit het ՚n 100-kW enjin met 402 Nm wringkrag. Dit word meestal ook aangeskaf met die Cab Crewkajuit en afslaankante op die bak. ISUZU bied medium, swaar en ekstra swaar kommersiële voertuie aan. Dit kan met verkoelingseenhede, watertenks, vervoerbakke of bakke met afslaankante gebou word. Daar is ook verskeie ander bakke wat jy vir jou vervoerbehoeftes kan kies.
Praat vandag met jou ISUZUhandelaar om uit te vind wat die regte vragmotor vir jou behoeftes is. Om jou naaste handelaar op te spoor, besoek www.isuzu.co.za, of kontak 080-004-7898 indien jy in Suid-Afrika is, of +27-41-403-2555 van elders.