Lok en klop met GF-120TM: Dow AgroSciences bied ’n oplossing vir vrugtevlieg

dow 1
Nadat GF-120TM toegedien is toon die mooi vrugte geen teken van vrugtevliegskade nie.
deur Carine Joubert
Vrugtevlieë veroorsaak elke jaar duisende rand se skade en as ’n boer nie voorsorg tref nie, kan sy produksie en pakhuise gesluit word totdat die plaag weer onder beheer is. Gelukkig weet Paul Hansen van Halaron Farms naby Addo in die Oos-Kaap dat sy sitrusvrugte veilig is met die toediening van GF-120TM, ’n lokaas van Dow AgroSciences.
As ’n navorsingsbioloog was Paul een van die navorsers wat GF-120TM getoets het voordat die produk op die mark verskyn het. Paul gebruik nou al meer as tien jaar GF-120TM en sê hy het byna geen probleme met vrugtevlieë nie.
In die Sondagsriviervallei ondervind boere soms probleme met die Mediterreense vrugtevlieg, Ceratitis capitata. Vir ’n geruime tyd nou het SRCC se landboukundige afdeling die GF120TM– lugtoedienings, om vrugtevlieg in die SRV te help beheer, gekoördineer,sê André Combrink, hoofagronoom van SRCC. André meen die produk is doeltreffend en maklik om te gebruik.
GF-120TM is geregistreer om al vier die vrugtevlieë wat tans in Suid-Afrika aangetref word, te beheer. Dit sluit ook die nuwe plaag, Bactrocera dorsalis, in.
Die beheer van die vrugtevlieg is noodsaaklik en boere in die omgewing werk almal saam om te verseker dat die plaag nie handuit ruk nie. Buiten GF-120TM grondspatte, wat deur meeste boere aangewend word, koördineer André Combrink namens die SRCC, drie gebiedswye lugtoedienings per seisoen. Dit is veral wanneer GF-120TM lokaastoediening oor ’n groot gebied binne ’n kort periode behandel word dat die bevolkingsdruk noemenswaardig bestuur word. Die geheim van goeie vrugtevliegbestuur is om vroeg te begin voor die vrugtevlieg se bevolkingsdruk te hoog raak.

Paul Hansen van Halaron Farms naby Addo in die Oos-Kaap weet dat sy sitrusvrugte veilig is met die toediening van GF-120TM, ’n lokaas van Dow AgroSciences.
Lok en klop
Paul is van mening dat GF-120TM se sukses daarin lê dat die vrugtevlieë gulsig op die GF-120TM druppeltjies voed nadat hulle gelok word deur die ammoniak wat afgeskei word. Die aktiewe bestanddeel, spinosad, veroorsaak dan vinnig die vlieg se dood. Dit is ook waarom dit belangrik is om GF-120TM toe te dien voordat die vrugtevlieë kans kry om te paar – ’n wyfie wat klaar eiers in haar liggaam het soek nie kos nie, sy soek broeiplek.
Vrugtevliee kan tot ses generasies in ’n seisoen voltooi. As vrugtevliegwyfies sonder ingryping aanteel, broei daar binne ses maande miljoene klein vliegies uit. Met die lugtoediening van GF-120TM in die Sondagsriviervallei en die samewerking van boere in die omgewing met hulle grondtoediening van GF-120TM, is die vallei se boere tevrede dat hulle die beste strategie volg om die plaag doeltreffend te bestuur.
Die produsente in die SRV bly goed ingelig oor hulle vlieëtellings en hierdie inligting word gebruik om te bepaal wanneer hulle GF120TM grondtoedienings gedoen moet word. Dit beteken die vlieë het geen wegkomkans nie.
Boonop is GF-120TM baie veilig om te gebruik. Die proteïen lok geen ander insek nie, daarom benadeel dit nie nuttige insekte nie. GF-120TM het ook nul dae onthoudingsperiode voordat die produkte vir menslike gebruik vrygestel kan word, wat beteken jy kan selfs op die oesdag toedien.
Nog ’n voordeel is dat GF-120TM baie bekostigbaar is vir die boer. Daar is maatskappye wat die produk vir boere kan kom spat. Dit is egter baie belangrik dat boere verseker dat spattoerusting behoorlik gekalibreer is om die optimale druppelgrootte te lewer.
Slegs 1 liter GF-120TM word op een hektaar gebruik en met lugtoediening benodig die boer bitter min arbeid om die belangrike spatwerk te doen.
Boonop beheer lugtoediening van GF 120TM vrugtevlieë selfs in digte, oorgroeide boorde wat jy met geen grondspuit kan binnedring nie, sê Paul.
Met die samewerking van boere, die uitstekende produk van Dow AgroSciences, en goeie bystand van die plaaslike verspreider, kan die boere van die Sondagsriviervallei konsentreer op hulle boerderye, sonder om te veel slaap te verloor oor vrugtevlieë.
Vir meer inligting skakel 021-860-3620 of 012-683-5700 of besoek www.dowagro.co.za

Waar boorde so dig is dat ’n smal trollie nie eers daardeur kan beweeg nie, word vrugtevlieë met lugbespuiting uitgeknikker.