Laat jou skadunet vir jou werk

agri-product-scaled-2_9207af13f6c8e4e965a43b52d1273373
Wanneer jy bloed, sweet en trane in jou boerdery ingesit het, wil jy seker wees dat jou plante die perfekte klimaat en beskerming het om groot en sterk te groei. Alnet se wye reeks landbouskadunette help jou om die perfekte mikroklimaat vir jou plante te skep sodat hulle kan floreer.
Alnet is al sedert 1963 ‘n trots Suid-Afrikaanse vervaardiger van skadunet en het oor die jare een van die grootste vervaardigers van sintetiese tekstiele, nette en tou geword. Hulle vervaardig produkte vir die kleinhandel, bou en konstruksie, visvang, akwakultuur, landbou en die nywerheidsektor.
Die voordele van skadunet op jou plaas
Skadunet verlaag die omgewingstemperatuur om hittestremming op die plante te verlaag en die plante se veerkragtigheid te verhoog. Minder direkte sonlig beteken ook dat minder water verdamp en dus dra skadunet ook by tot jou grond se waterhouvermoë. Dalk een van die belangrikste voordele van skadunet is dat dit as ‘n versperring teen peste dien.
Alnet se landbounette kan uitgeken word aan die verskillende konstruksiemetodes en skadudigtheid waaroor hulle beskik. Jy kies die skadunet wat by jou doeleindes pas en die digtheid van die skadunet bepaal hoeveel lig deur die materiaal gelaat word. Landbounette het ‘n digtheidsfaktor van 20% tot 80%.
Alnet se landbouskadunette is beskikbaar in ‘n wye verskeidenheid skadufaktore, is gestabiliseer vir UV-strale en word met ‘n gebreide geslotesteek vervaardig sodat dit nie uitrafel nie.
Die Alnet-landbouskadunetreeks sluit in:
- Alnet swart skadunet kom in digthede van 20%, 30%, 40%, 50%, 60%, 70% en 80%
- Alnet wit skadunet kom in digthede van 20 en 40%
- Alnet grys kom in 40%-digtheid
- Alnet groen kom in 50%-digtheid
- Alnet blou kom in 80%-digtheid
- Alnet Premium kom in 40 en 80%-digtheid
Die digtheid van jou nette maak saak
- 20 tot 30%-digtheid: Hierdie nette is ideal vir tamaties, rissies en druiwe. Hulle verminder hittestremming, maar laat steeds heelwat lig deur vir fotosintese en vrugontwikkeling.
- 40 tot 60%-digtheid: Hierdie nette is perfek vir blaargroentes soos spinasie, blaarslaai en kruie. Hierdie digtheid balanseer die lig en temperatuur om blare geil te laat groei, maar ook om blaarskroei te voorkom.
- 70 tot 80%-digtheid: Hierdie is die beste skadunet vir delikate of skaduverdraagsame gewasse soos varings of kwekerysaailinge. Hierdie nette help om verdamping te voorkom en water te nrspaar selfs in uiterste temperature.
- Alnet swart 20%
- Alnet swart 30%
- Alnet swart 40%
- Alnet swart 60%
- Alnet swart 70%
- Alnet swart 80%
Die kleur van jou skadunet
Die kleur van jou skadunet kan ook ‘n baie groot rol speel. Terwyl sekere kleure die son aantrek, weerkaats ander weer ligstrale om die son van die plante af weg te hou.
- Groen: Hierdie is die gewildste kleur en meng mooi met die natuurlike omgewing. Groen bied ‘n gebalanseerde ligverspreiding.
- Swart: Baie goed vir beskerming teen UV-strale; swart absorber die hitte en word gereeld gebruik in gebiede met baie sonlig.
- Wit: Weerkaats lig en help om hitte te verminder en koeler temperature te handhaaf.
- Blou: Verbeter die groei van jou plante en word dikwels in kwekerye gebruik.
- Grys: Weerkaats lig en skrik insekte af. Grys help ook met ligverspreiding.
- Alnet groen 20%
- Alnet groen 40%
- Alnet blou 80%
- Alnet groen 80%
Maak nie saak waarmee jy boer nie – met die regte skadunet kan jy verseker dat jou oes ‘n sukses is, en Alnet is die mense wat jou daarmee kan help.
Besoek gerus hulle webtuiste by www.alnet.co.za om die regte skadunetoplossing vir jou boerdery te kry.