Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 25th March 2025

Laat jou gesin veilig slaap … met die gemoedsrus wat ‘n Gallagher-heining bring

By 3 min read
520 words

Gallagher_Article_Image

Plaasveiligheid is weer op almal se lippe. Met plaasgeweld wat toeneem, wil boere in Suid-Afrika verseker dat hulle gesinne, diere en eiendom veilig is. Gallagher bied ‘n wye reeks sekerheidsopsies om jou die gemoedsrus te gee wat jy nodig het.

Plaasgeweld en diefstal in Suid-Afrika

Volgens die Suid-Afrikaanse polisie word plaasgeweld omskryf as enige geweld teen ‘n persoon wat in ‘n landelike gebied woon. Dit sluit plase en kleinhoewes in, asook dade wat gemik is op persone wat op hierdie persele bly, werk of kuier, en waar die voorneme is om te moor, roof, verkrag of ligaamlike leed aan te doen. Dit sluit egter ook enige dade in wat skade aanrig aan die infrastruktuur en eiendom en daarop gemik is om boerdery te ontwrig.

Volgens die SAP se mees onlangse misdaadsyfers wat strek van Oktober 2024 tot Desember 2024, is daar 96 plaasmoorde gepleeg, en 91 voorvalle van poging tot moord en 432 voorvalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Daar is ook in die tydperk 98 voorvalle van verkragting in landelike gebiede aangemeld.

Veediesftal is ook ‘n baie groot probleem en in dieselfde tydperk is daar 6 965 sake van veediefstal aangemeld. Die diefstal van skape is heel bo aan die lys, gevolg deur bokke, beeste en pluimvee.

Dan is daar in die tydperk ook 71 gevalle van renosterstropery en vier van olifantstropery aangemeld.

Hoewel hierdie die syfers is wat deur die SAP deurgegee is, is daar ander instansies wat glo dat die werklike getalle veel hoër is.

Jou veiligheid is belangrik

Jou veiligheid is uiters belangrik vir Gallagher, daarom het hulle verskeie veiligheidsopsies beskikbaar om jou te help.

Gallagher se omtreksekerheidsoplossings is die kragtige eerste verdedigingslinie wat jy nodig het. Nou kan jy enige indringer betrap, vertraag en afskrik met hulle pulsheinings.

Wat is omtreksekerheid?

Omtreksekerheid is die beskerming van jou grense om ongemagtigde toegang te voorkom en indringers te betrap nog voordat hulle op jou grond trap.

Die Gallagher-omtrekoplossings kombineer ‘n polsheining met onmiddellikewaarskuwingstegnologie en slim monitering.

Dit werk so:

  • Die sterk polsheining skrik indringers af
  • Die moniteringstelsel identifiseer dadelik as daar ‘n indringer of ander versteuring aan die draad raak
  • Die elektriese heining lewe ‘n kort, veilige skok om enige oortredingspogings te vertraag
  • Die stelsel kan met Gallagher se Command Centre gekombineer word om monitering, verslaggewing en outomatiese waarskuwings te verbeter
  • Die slim sensors onderskei tussen indringers en omgewingstoestande of wild, om vals alarms te verminder
  • Spanningsvlake en waarkuwings kan opgestel word vir seker gebiede om by jou sekerheidsvereistes aan te pas
  • Hierdie stelsel kan volgens die grootte van jou plaas of vereistes aangepas word

Die Gallagher-omtrekoplossing

Gallagher se sekerheidsomtrekstelsel is ontwerp om te betrap, te vertraag en weg te jaag.

Die hoëgehalte geëlektrifiseerde draad kan enige omgewingstremming of knoeiery weerstaan, terwyl die sensors vibrasies, spanning en die heining se integriteit moniteer. Die stelsel is getoets om betroubaarheid en veiligheid te verseker.

Gallagher is leiers in elektriese heiningstegnologie en dra aktief by tot veiligheidkomitees regoor die wêreld om te verseker dat hulle stelsels aan ontwikkelingstandaarde voldoen.

Slaap rustig agter ‘n Gallagher-omtrekheining. Besoek hulle webtuiste by www.gallaghersa.co.za om meer van hulle sekerheidsreeks te wete te kom.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0