Kry praktiese landbou – opleiding by Agri Skills Transfer

IMG_6640
Landbou groei en brei geweldig uit, daarom is Agri Skills Transfer, ‘n landbou-opleidingsentrum, opgewonde om terug te ploeg in die bedryf.
Hulle het in 2004 die behoefte raakgesien vir landbou-opleiding in Suid-Afrika en het saam met die mark gegroei. Hulle het ook ‘n praktiese plaas buite Cullinan, Gauteng.
“In 2019 het ons die behoefte vir praktiese blootstelling gesien om vir ons studente optimale gehalte in landbou-onderrig te bied deur middel van geakkrediteerde opleiding, saam met praktiese blootstelling tot hulle studies,” sê Shaun Welmans, hoof-uitvoerende bestuurder by Agri Skills Transfer.
“Ons leuse is landbou-opleiding met ‘n verskil. Ons glo dat die uitnemendheid van ons produkte wat wissel van kortkursusse tot op NQF 5-diploma en die praktiese blootstelling ons visie en missie is,” voeg hy by.
Hulle beskou die resep tot ‘n suksesvolle boerdery is die samestelling van teorie en praktyk. “Daar word gesê dat mens nie uit ‘n boek boer nie, maar teoretiese kennis ontsluit soveel beter wanneer dit in praktyk toegepas kan word as deel van die leer- en leerlingondervinding,” sê Shaun.

Bianca Botha, Lana Hattingh, Gihan Saayman en Lindelani Mjekula by die opedag.
Agri Skills bied ‘n verskeidenheid kortkursusse aan:
- Basiese Beesproduksie – 5 dae
- Basiese Varkproduksie – 3 dae
- Basiese Skaapproduksie – 3 dae
- Basiese Pluimveeproduksie (Braaikuikens en Lêhenne) – 3 dae
- Basiese Bokproduksie – 3 dae
- Basiese Plantproduksie – 3 dae
- Inleiding tot trekkerbestuur – 3 dae
Alle studies word deur middel van assesserings voltooi en daar is geen eksamens nie.
Agri Skills bied drie verskillende diplomas (NGF 5) aan. Voltyds waar studente op die plaas woon, leef, werk en leer. Gemeng waar die student ‘n kontaksessie van een week lank elke sesde week het, of slegs digitaal. Die gemengde en digitale kursus maak dit ook moontlik vir werkende mense om deeltyds te studeer.
“Vir studente wat nie van ‘n landbou-omgewingaf kom of toegang tot ‘n praktiese perseel het waar hulle die nodige blootstelling kan opdoen nie, is die voltydse program perfek. Studente kan leer van draadspan tot die bestuurspraktyke van ‘n landbou-onderneming.

Lauren Phoku, Sonwabile Mosiya, Repiloe Mlphiwe Mteangeni, Frank Matlala en Aphiwe Mtchiza by Agri Skills Transfer se nethuis.
“Vir ‘n persoon met beperkte blootstelling aan ‘n sekere afdeling van landbou en wat graag meer blootstelling benodig, is die gemengde program ideaal,” sê Shaun.
Die opsie om die studies aanlyn te voltooi is beskikbaar vir studente wat reeds toegang het tot ‘n praktiese perseel en graag die kwalifikasie wil bekom soos ‘n boer se seun. “Ons maak gebruik van Google Classroom en is in die proses om ons eie aanlynplatform te hê in 2024.
Agri Skills kan tans ongeveer 40 studente op hulle Cullinan praktiese plaas/kampus by Cullinan te huisves, maar het beslis planne om dit uit te brei. Die gemengde program neem ook 40 studente op ‘n slag in.
“Ons voel ons staan uit bo ander landbou-instansies oor die praktiese blootstelling en ondersteuning wat ons vir die studente bied.”
Hulle bied ook groepsopleiding aan vir mense in die korporatiewe wêreld, soos noodhulpkursusse, nutsmankursusse, landboutoerisme, handeldryf in die landbou en meer.

Agri Skills is volledig geakkrediteer by AgriSeta en het weer opedae op 27 en 28 Oktober 2023 en 25 November 2023. Kry hulle adres op Google Maps en gaan loer self hoe hulle opset lyk, of kontak hulle by Admin@agriskills.net, of 012-460-9585 vir meer inligting, of besoek hulle webwerf: www.agriskills.net.
Goeie dag hoop dit gaan goed. My dogter is in matriek en wil volgende jaar boerdery studeer
Goeiedag Christa- Dankie ir jou navraag. Vir meer inligting kontak hulle by Admin@agriskills.net, of 012-460-9585, of besoek hulle webwerf: http://www.agriskills.net.
Groete, Redaksie-span