Knittex se nuttige skadunet is die lig aan die einde van die tonnel

DJI_0085
Die toekoms van skadunet in die landbousektor groei teen ՚n opwindende tempo. Baie boere het reeds die keuse gemaak om grootskaalse skadunetstrukture op te rig en pluk reeds die vrugte daarvan. Groei- en opbrengsprestasie hou regstreeks verband met ՚n plant se omgewing en voedselbron.
Oor die kort termyn verhoog skadunetstrukture boere se wins deur koste
te besnoei en hulle opbrengste en oesgehalte te verhoog. Oor
die lang termyn kan dit selfs bydra tot die oplossing om die groeiende bevolking van die wêreld te voed.
՚n Goed gestruktureerde skaduhuis kan die produsent ՚n beskermde
mikroklimaat bied, ideaal vir saailinge, groente, snyblomme en sierplante. In warm klimaat word groente en snyblomme onder skadunet gegroei om
die hitte en ligintensiteit te verminder. Met behulp van wetenskap, skeppende ligmanipulasie en UV-bestuur skep fotoselektiewe gekleurde nette ՚n omgewing wat gemanipuleer kan word in optimale groeitoestande vir gewasse om in te floreer.
Knittex het in 1964 begin handel dryf en het sedertdien gegroei tot ՚n
toonaangewende vervaardiger van hoë gehalte gebreide materiaal wat duursaam en 100% herwinbaar is. Die SpectraNet-reeks bied produsente die beste resultate en die beste opbrengs op hulle belegging. Dit word ondersteun deur jare se navorsing en ontwikkeling om te verseker dat nette
՚n gewaarborgde lewensduur van tien jaar of langer het.
Ander voordele van die nette sluit in dat die materiaal nie uitrafel wanneer
dit gesny word nie. As die materiaal beskadig word, kan herstelwerk maklik
gedoen word. As gevolg van die buigsaamheid, duursaamheid en liggewig
van ons materiaal, is dit maklik om op te rig, en baie ekonomies. Die materiaal kan asemhaal as gevolg van die oopgaasontwerp.
Deur die regte gaasgrootte te gebruik om lugbewegings deur die skaduhuis te manipuleer, kan jy die humiditeit asook die transpirasiesnelheid beheer. Knittex-skadunet kan gebruik word om die groei van plante te manipuleer. Om stamlengte te kry kan byvoorbeeld ՚n net met vêr-rooi golflengtes gebruik word. Dit sal die plant dwing om na die lig te strek. Wit skadunet of ՚n swart/wit kombinasie skadunet is baie suksesvol om op verskillende groente te gebruik, veral as dit hidroponies gekweek word.
Ligspektrums kan ons help om die regte kleur en persentasie skadunet vir jou gewasse te kies. Dit is belangrik om daarop te let dat daar geen universele skadunet is om lig te manipuleer nie. Elke plant het sy eie unieke vereiste, en elke streek en gewas het sy eie uitdagings. Knittex skadunet dek nie net vir beskerming nie, maar die bedekking verbeter ook produksie.
Knittex se spesialiste voorsien die beste advies vir jou skadunet behoeftes. Kontak hulle by 011-692-1658/9 of clientliaison@knittex.co.za of besoek www.multiknit.co.za