Categories: Crop productionPublished On: 7th October 2016

Klink plantluis se doppie met Dow AgroSciences se Closer™

By 3 min read
608 words
Dow AgroSciences

dowagro-okt-feature

As jy ‘Sandveld’ google, is Aartappels Suid-Afrika se webwerf die eerste een wat opspring. Lambertsbaai se aartappelfabriek is die grootste werkverskaffer in die streek en die dorpie Redelinghuys, 70 km suid van Lambertsbaai, staan as die aartappelhoofstad van Suid-Afrika bekend.

Die grootste bydraende faktor tot die streek se groei in die aartappelbedryf was seker die koms van elektrisiteit in die vroeë tagtigerjare. Daar is gevind dat aartappels uitstekend in die dorre streek aard en boere kon toe begin om hierdie gewilde stapelgewas te besproei om twee oeste per jaar te behaal.

Ongelukkig is die streek ook gewild vir plantluise, wat baie vinnig korte mette van enige belowende aartappeloes kan maak. Plantluise skuil oorwegend onder die aartappelplante se blare en is verantwoordelik vir die verspreiding van die gevreesde seisoenale rolblad en aartappelvirusse. ’n Boer kan die skade dadelik sien as die plante op kolle begin geel verkleur en dan ophou fotosinteer soos die insek dit aanval.

’n Ander teken is die teenwoordigheid van swaeltjies wat oor die lande swiep terwyl hulle die plantluise vang, maar ongelukkig kry hulle dit nie reg om almal op te eet nie. In die Sandveld kom plantluis gewoonlik voor in Februarie, Maart en April, maar vanaf Desember is die druk onder die spilpunte teen die kus baie erg – en dit is waar Dow AgroSciences se nuwe geregistreerde produk, Closer™, met groot nut aangewend kan word.

Na verskeie jare se navorsing en proewe kan Dow AgroSciences nou met trots hierdie gefokusde plantluisdoder bekendstel. Soos alle moderne landbouchemie, maak Closer™ net die plaag dood waarvoor dit ontwerp is en los die ander onskadelike insekte en natuurlike vyande in rus en vrede sodat hulle onverpoosd met hulle belangrike werk kan voortgaan.

Heinie Garbers is al veertien jaar plaasbestuurder vir Wilmpie Engelbrecht van Steenboksfontein, wat behalwe skaap en koring, oorwegend met aartappels naby Lambertsbaai boer. “Ons het maar elke jaar kwaai met plantluis gesukkel en baie middels probeer spuit, maar dit moes herhaaldelik gedoen word. Sekere produkte wat ons sterker gespuit het, het die aartappels gebrand voordat dit die plantluis laat vrek het,” sê hy.

“Dow het besluit om een van Wilmpie se lande teen die see, wat geweldige plantluisdruk ondervind, met Closer™ te behandel en die resultate was iets besonders,” sê Kalbas Tredoux, ’n druiweboer en verteenwoordiger van Nulandis wat Dow AgroSciences se produkte bemark. “Die dag na die proewe was daar 50% verbetering en ’n week daarna was daar nie een enkele plantluis in sig nie,” sê hy.

“Ek het agtergekom dat die plantjies na die eerste drie weke deeglik bespuit moet word en dan was dit nog nie weer nodig nie,” sê Heinie. “Dit mag dalk gebeur dat ’n nuwe generasie plantluise hulle opwagting maak en dan sal ’n tweede dosis gewens wees, maar Closer™ mag nie meer as drie keer per seisoen aangewend word nie,” sê Kalbas.

“Closer was aanvanklik slegs op sitrus en aartappels geregistreer, maar het onlangs ook registrasie op druiwe gekry. Ek wat self ’n druiweboer is kan nie wag om dit te gebruik nie’, sê Kalbas.”

Closer™ benodig slegs die standaard beskermende klere vir die toediener van die produk. “Closer™ is regtig ’n uitstekende produk en as jy in ’n gebied is waar plantluis voorkom, kan jy dit met ’n geruste hart aanwend sonder enige nadelige invloed op jou plante,” sê Heinie.

Closer™ is ontwerp om jou lewe te vergemaklik. Skakel Johan Janse van Rensburg by 021-872- 1751 of stuur vir hom ’n e-pos na JanseVanRensburg@dow.com om plantluis uit te knikker.

 

Dow AgroSciences

Sodra jy met Closer™ naderstaan, is hierdie aartappelplantluise se
doppies geklink.

Dow AgroSciences

Kalbas Tredoux en Heinie Garbers is baie trots op die pragtige plaat aartappels wat betyds met Closer™ behandel is.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0