Categories: Artikels, BesproeiingPublished On: 4th April 2025

Klein maar kragtig: Reinke minispilpunt is die kleinskaalboer se beste vriend

By 2 min read
332 words

reinke 1

Of jou land groot of klein is maak nie saak nie – jou plante benodig steeds water. Spilpunte se waarde vir watertoediening is deeglik bewys, maar vir kleinskaalse boere is dit nie altyd so maklik nie. Tradisionele spilpunte is duur, het ‘n toegewyde krag- en watertoevoer nodig en is gewoonlik permanent op een plek opgerig.

Vir kleinskaalse boere is groot spilpunte nie kostedoeltreffend nie. Kleinskaalse en opkomende boere benodig ‘n besproeiingstelsel wat verskuif kan word en wat nie ekstra uitgawes benodig om water of krag na die spilpunt aan te lê nie

Dit is wanneer jy iets klein maar kragtig soos Reinke se minispilpunt nodig het.

Reinke se enjin-aangedrewe minispilpunt is ‘n enkelspan-spilpuntstelsel wat ideaal is vir kleiner lande en afgeleë gebiede. Hierdie spilpunt het nie ‘n beheerstelsel nie, maar gebruik verskillende groottes ratkaste, spanlengtes en oorhangopsies.

Die ratkaste kom in lae-, standaard- en hoëspoed-opsies wat die spilpunt se spoed en en watertoediening beheer, terwyl jy kan kies tussen spanlengtes van 41,8 m tot 65 m met oorhanglengtes van 12,8 m tot 32 m. Saam sal die spilpunt nie meer as 97 m wees nie en kan dit ‘n sirkel van drie hektaar besproei.

Reinke se enjin-aangedrewe minispilpunt kan deur ‘n 4 kW petrolenjin aangedryf word, wat beteken dat jy nie ‘n konstante kragtoevoer nodig het om hom aan die gang te hou nie, jy kort net ‘n kannetjie petrol.

Omdat die minispilpunt ook as ‘n sleepmodel gekoop kan word, gee dit boere die vryheid om die spilpunt te skuif waar hulle dit benodig, hetsy om uitvalshoeke tussen ander groter spilpunte te besproei, verskeie kleiner lande te besproei of gewasse of kleiner lande waar voer aangeplant word.

Hierdie spilpunt is lig, sterk, koste-doeltreffend en die perfekte byvoeging tot enige kleinskaalboer se plaas.

Reinke Potchefstroom is geesdriftig oor jou besproeiing en jou boerdery. Hulle span kan jou help om die regte besproeiingstelsels vir jou boerdery en sak te kies. Kontak Reinke se kantoor by 087 654 5828, stuur ‘n e-pos aan patrickellis@reinke.com of besoek die Reinke webtuiste www.reinke.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0