Kerriepootjies-en-boontjies
- 6 skaappootjies, skoongemaak en in stukke gesny
- 90 ml kookolie
- 2 uie, gekap
- 2 kardemompeule
- 3 kassiastokkies
- 3 tamaties, gekap
- 10 ml masala
- 5 ml fyn komyn
- 5 ml fyn koljander
- 5 ml borrie
- 1 groen brandrissie, gekap
- 10 ml fyngekapte knoffel
- 2 x 410 g blikkies botterboontjies
- sout na smaak
- Maak ’n kastrol vol water en kook die pootjies tot sag en gelatienagtig.
- Verhit die olie in ’n skoon kastrol en braai die uie, kardemom en kassia tot die uie deurskynend is. Voeg
- die tamaties, speserye, brandrissie en knoffel by. Kook liggies tot die mengsel dik en sag is. Voeg die gaar
- pootjies by en prut vir 10 minute. Dreineer die boontjies en voeg by die pootjies. Voeg die sout by en
- prut tot alles deurwarm is. Sit saam met vars basmati- of jasmynrys en ’n verskeidenheid sambals voor.
*’n Lewe met kos – Cass Abrahams ( bl. 68-69 ) Lapa uitgewers