Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 12th March 2020

Kanna maak boere se drome waar

By 2 min read
348 words

jolt 1

Met die elektries-aangedrewe JOLT-motorfiets kan jy tussen herlaaitye 80 km ver teen 80 kmu ry sonder aansitprobleme of geraas.

Elke ding wat Kanna Industries maak is daarop afgestem om die boer se lewe makliker en sy wins meer te maak. Kanna bly ook agterna in aanraking met kliënte om te hoor hoe hulle werktuie presteer en deurlopend verbeteringe aan te bring.

So is die skaapvervoerband wat dosering, mikskeer en aftasting maklik maak nou nog nuttiger gemaak. Om dit vir die boer en die skape geriefliker te maak, het Kanna dit nou met ’n as met ’n kruk toegerus sodat die hele werktuig hoog loop wanneer jy hom agter jou bakkie of trekker sleep, maar laag gaan lê wanneer jy met hom begin werk.

Lees meer oor hierdie voortreflike werktuig en oor Kanna se wenwolpers by www.proagri.co.za. of soek na Kanna Industries op Youtube vir videos.

’n Skamele 10c per kilometer! Die elektries aangedrewe FONK is die antwoord op elke boer se droom.

Ry elektries: spotgoedkoop, stil en betroubaar

Met Kanna se betrokkenheid by die elektriese voertuie, JOLT, wat deur Rumax vervaardig word, help hulle nog ’n boeredroom waar maak. Dit kos net tien sent per kilometer om met die JOLT-bakkie te ry. Hy dra 1 000 kg en ry 100 km teen 90 kmu voordat sy batterye herlaai moet word, maar jy kan ’n ekstra bank batterye toevoeg.

Kanna is ook saam met Evert en Len Smit van Namibië betrokke by die elektriese Uri-bakkie, bekend as FONK, met dieselfde spesifikasies as die JOLT. Die JOLT-motorfiets haal 80 kmu en kan sonder ’n ekstra battery 80 km ver ry voordat hy herlaai moet word.

Dink net: Geen filters, byna geen onderhoud, geen aansitprobleme, geen stinkende uitlaatgasse, geen geraas – perfek vir jag, wildkyk of veiligheidpatrollies.

Kanna verbeter gereeld produkte om sake vir die boer nog makliker te maak. So lyk die jongste weergawe van hulle nuttige skaaphanteringsvervoerband.

Kyk na die JOLT by www.joltev.co.za.

Vir meer inligting oor Kanna se nuttige werktuie vir die boer, praat met Willa Nolte by 072-333-1051 of stuur vir hom ’n e-pos na willa@kannaindustries.co.za. Besoek ook www.kannaindustries.co.za om die res van Kanna se puik produkte te sien.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0