Kalahari Beefmasters stel die standaard hoog tydens hulle 9de produksieveiling

384099154_723248183154104_8609842250898469624_n
V8 Beefmasters, Oktavia Beefmasters, B4 Beefmasters, en Louw Beefmasters het op 5 Oktober 2023 hulle uiters suksesvolle negende Kalahari Beefmaster-produksieveiling by die Vryburg-skougronde gehou. Uitstekende diere, lot vir lot was op hierdie veiling aangebied.
Vertroue in die uitsonderlike gehalte diere wat deur die telers aangebied is, is bevestig en kopers het hulle waardering uitgespreek vir die feit dat topgehalte diere bekostigbaar aangebied is.
Die uitsonderlike telers wie se diere op vanjaar se Kalahari Beefmaster-veiling verkoop is, kan baie trots wees op die gehalte van die beeste, die opkoms van die veiling en die puik pryse wat behaal is.
Paul van Vuuren, afslaer en mede-telers, is tevrede met die resultate van die veiling en die diere wat verkoop is. Hy nooi almal uit na die 10de produksieveiling wat volgende jaar gehou sal word.

Van links na regs staan Paul van Vuuren (Afslaer van André Kock en Seun Limpopo en van V8 Beefmasters) saam met sy pa, Paul van Vuuren snr (V8 Beefmasters).
So slaan die hamer op die veiling toe:
Bulle:
Gemiddeld:
- Die Beefmasterbulle aangebied op die veiling behaal ’n gemiddelde prys van R120 851.00.
- 100 Semenstrooitjies is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R 3 125.00.
- Lot 8 (OKT 20-148) van V8 Beefmasters is verkoop vir R500 000 aan Theo Coetzee van Majesto Beefmasters.
- Lot 11 (V8 20-474) van V8 Beefmasters is ook verkoop vir R500 000 aan Theo Coetzee van Majesto Beefmasters.
Vroulike diere
Gemiddeld:
- Top dragtige (3-in1) stoetkoeie en kalwers is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R156 667.00.
- Koeie en kalwers behaal ’n gemiddelde prys van R51 250.00.
- Dragtige koeie is behaal ’n gemiddelde prys van R66 429.00.
- Top dragtige verse is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R45 086.00.
- Top oop verse is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R35 500.00.
- V8 Beefmasters het die duurste dragtige koei en kalf verkoop vir R225 000 aan Thormando en Eddie Thorburn van True Beefmasters.
- V8 Beefmasters het hulle tweede duurste dragtige koei en sterk bulkalf van 11 maande verkoop vir R200 000 aan Christiaan en Mieke Botha van WRR Beefmasters.
- V8 Beefmasters het die duurste koei en kalf verkoop vir R90 000.
- V8 Beefmasters het die duurste dragtige vers, Lot 137 (V8 21-670), verkoop vir R90 000.
- V8 Beefmasters het die duurste dragtige koei, Lot 78 (OKT 19-159), verkoop vir R90 000.
- V8 Beefmasters het die duurste oop vers, Lot 147 (V8 22-763), verkoop vir R45 000.
Baie geluk aan elke teler en koper. Hierdie was voorwaar ’n spoggeleentheid en ’n voorreg vir die ProAgri-span om die veiling te kon bywoon!
As jy jou veiling wil bemark kontak:
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com