Kairos Dormerveiling- Die beste van die beste!

kairo dormer
Kairos Dormer-stoet hou vanjaar hulle vierde produksieveiling op 21 April 2018. Die veiling beloof om die eerste van sy soort in Suid-Afrika te wees juis omdat daar ooie met Kairos-stoet embrios te koop sal wees – tot dusver is dit nog nooit op ‘n veiling aangebied nie. Kairos Dormers het die afgelope twee jaar nuusopskrifte gehaal as gevolg van die uitstekende rekords wat bereik is op die produksie- en aanteelveilings.
Volgens dr Fanie Steyn, van die veemaatskappy Ramsem, is Danie Thomas se Kairos-stoet bekend vir sy top kwaliteit dormergenetika en dié het reeds rekordpryse behaal in Suid-Afrika alleen.
“‘n Groot deel van Thomas se sukses kan toegeskryf word aan die kwaliteit van die genetika wat hy gebruik om sy stoet mee te bou,” verduidelik dr Fanie.
Kunsmatige inseminasie en embriospoelings speel ‘n groot rol in Kairos se teelprogram en is tans ook die grootste embriospoeler in Suid-Afrika. Ramsem het in die afgelope paar maande vir Thomas die volgende baie suksesvolle embrio en KI-programme afgehandel.
Die Embriospoelings lyk as volg:
20 ooie is gespoel met top ramme soos Dik Piet; [DZ 10:45], Barnard; [JB 15:119], Poendoes; [ASJ 12:91], [CM 14:69], en die nuweling Cruiser; [JB 15:119]. Die gemiddelde konsepsiesyfer is 75,2%, waarvan 59,2% meerlinge is.
4 Desember 2017 (gemiddeld 11 embrios/ooi): 119 embrios – 69 x Graad 1, 23 x Graad 2, 10 x Graad 3, 2 x hatch, 6 x ovas en 9 deg. 18 Desember (gemiddeld 12 embrios/ooi): 120 embrios – 96 x Graad 1, 5 x Graad 2, 1 x hatch, 2 x Graad 3, 13 ovas en 3 deg.
“Een van die redes vir die goeie gemiddelde hoeveelheid embrios per spoeling is Danie se streng ooi vrugbaarheid-keuringsproses. Die ramme wat gebruik word in hierdie programme word ook streng geselekteer volgens prestasieinligting wat gefokus is op die groei-indekse.
Laparoskopiese inseminasie is die effektiefste manier om ‘n ram te gebruik en in die afgelope seisoen is 375 ooie met een van Kairos se top stoet ramme [CG 14:001] geïnsemineer, met ‘n konsepsiesyfer van 82,4%. Meerlingfaktor is hoog met 51%, van die 375 ooie is 317 dragtig gesertifiseerd. Die opkomende veiling op 21 April 2018 beloof om dus ‘n groot sukses te wees aangesien die groot persentasie van bogenoemde genetika daarop aangebied word.
“Dit is vir ons ‘n voorreg om saam met ‘n top stoet soos Kairos te kan werk en om te kan besef dat die kwaliteit van die genetika ‘n groot bydrae aan die Suid-Afrikaanse Dormer genetika kan maak,” sê dr. Fanie Steyn van Ramsem.
Volgens Jan Mostert van BKB sal van die beste genetika in SA dié dag beskikbaar wees, “wat baie positief sal wees vir die Dormerbedryf”. Jan voeg ook by: “Skaapboere kan beslis nie die veiling misloop nie. Met hierdie genetika kry enige Dormerstoet en kommersiële teler die geleentheid om van die beste genetika in SA in die hande te kry.”
Veilingskoördineerder van BKB, Dieter Schutte voeg ook by dat Danie se bestuur en seleksie baie streng is en voeg net die beste genetika by wat in lyn is met die teling.
Hier volg ‘n kort opsomming van Kairos Dormers se veilingsuitslae tot dusver:
Die eerste veiling is aangebied op 9 April 2016:
Kairos behaal R 5 600 vir kommersiële ooie. Duurste kommersiële ram verkoop vir R 19 000.
Tweede veiling:
Duurste ram ooit op ‘n produksieveilng in SA verkoop vir R140 000 en die ram se naam was Baksteen. Op daardie stadium was dit die tweede duurste Dormer-ram in die wêreld.
(Baksteen is die seun van Dik Piet wat Danie in 2013 gekoop het vir R 150 000).
Ook op dieselfde veiling, die hoogste gemiddeld vir stoetramme in SA – R52 300. Twee stoetooie ook verkoop vir R18 000.
Derde veiling:
Duurste sewe maande kommersiële oop ooie verkoop vir R6 500 stuk. Duurste tweeling kommersiële ooie verkoop vir R7 000. Hy breek die eerste veiling se rekord vir kommersiële ramme met ‘n gemiddeld van R17 375.
Bron: Kairos Dormers