K2 Saad: Die alles-in-een saadverskaffer

k2agri sept f
K2 Saad is u een-stop saadverskaffer met ’n volledige reeks akkerbou-, weiding- en groentesaad. K2 evalueer voortdurend nuwe geneties gevorderde kultivars om aan die produsent beskikbaar te stel.
Sonneblom uit Argentinië vir Suid-Afrikaanse toestande
K2 Saad het vanjaar drie nuwe kultivars bekend gestel, naamlik die twee nuwe Clearfield®-basters MG305CP en MG360CP*, en Aguara 6* wat ’n konvensionele kultivar is. Hierdie kultivars het ’n baie goeie opbrengspotensiaal en is goed aangepas in al die sonneblomproduksiestreke.
Mededingende sojabone uit Argentinië en die VSA
NS5009RG is ’n vinnige kultivar vir die koeler Hoëveld.
NS5909RG is wyd aangepas vir die Hoëveld sowel as warmer gebiede.
NS6448RG is ’n nuwe vrysteling met ’n goeie opbrengspotensiaal.
NS7211RG is die beste kultivar vir die warmer en westelike gebiede.
NS5258RG*, NS5509RG* en NS6267RG* is drie nuwe hoë-op-brengskultivars en in die proses om geregistreer te word.
Nuwe mielieteellyne vanaf Europa, Mexiko en Brasilië
Onlangse vrystellings uit die mielieteelprogram is KKS 8326B en KKS 8326*. Hierdie medium-vroeë kultivars presteer puik in die Mpumalanga-, Natal- en Oos-Vrystaatgebiede.
Uitmuntende kultivars is KKS8410BR, ’n medium-seisoen-, hoëpotensiaal-geelmielie, en KKS8301, ’n medium-vinnige wit kultivar wat uitstekend presteer in die oostelike gebiede, op droëland sowel as onder besproeiing.
Uitstekende weiding gedurende droogte
Sugargraze is ’n soet voersorghum met ’n hoë produksie en ideaal vir beweiding, kuilvoer of staande hooi omdat hy sy smaaklikheid behou, selfs nadat hy doodgeryp het.
Nutrifeed is ’n basterbabala ideaal vir beweiding aangesien dit geen blousuur bevat nie en goeie hergroei toon.
Klein Karoo Saad Bemarking bied dus die alles-in-een produkreeks aan die kliënt. Kontak K2 Saad vir meer inligting by 044-203-9800 • www.saadbemarking.co.za
* Kultivars is tans onder proef en is of sal dan oorweeg word om binnekort ingedien te word vir registrasie.
Clearfield® is ’n geregistreerde handelsmerk van Syngenta (Edms) Bpk.