Categories: Artikels, Vee en Wild, Voerproduksie en -hanteringPublished On: 21st September 2021

Jou diere sal jou bedank: Rumax-voermengers gee bobaas-produksie

By 4 min read
795 words

rumax 1

Die 15 m³ Rumax-voermenger wat Albertus Steenkamp op sy plaas gebruik om vir sy diere presies die regte voer voor te berei.

Gesonde en gebalanseerde rantsoene vir vee is die sleutel tot prestasie en wins vir ՚n veeboer. As uitstaande veeproduksie jou doelwit is, moet jou veevoer tot ‘n eenvormige produk gekerf en gemeng word. Dit maak nie saak hoe moeilik kerfbaar of mengbaar die voer is nie, Rumax se voermengers meng dit sonder sukkel.

Albertus Steenkamp, vierdegeslagboer op die plaas Perdekloof in die mooie Roggeveld-distrik tussen Calvinia en Middelpos, doen dinge bietjie anders. Albertus het ongeveer tien jaar gelede sy eie skaapras begin teel. Die Perdeklower is ՚n kruisteling tussen Dorper, Witdorper, Meatmaster en Dormer.

Die sleutel tot Albertus se skaapboerderysukses is presisievoeding en reproduksie, veral seleksie vir meerlinge, en doelmatige voeding van sulke ooie. Daarom selekteer hy die ooie wat jaar na jaar twee of drie lammers grootmaak omdat die ooie ook ’n goeie voeromsetverhouding het.

Albertus se lampersentasie het met 40% gestyg sedert hy Rumax se menger ingespan het om sy ooie se rantsoen te meng.

Albertus het ՚n ekstensiewe skaapboerderystelsel waar hy so ver as moontlik geharde en aanpasbare skape teel wat op die veld loop, maar wanneer dit lamseisoen is word die ooie intensief in lamhokke gevoer.

Soos boere in die meeste dele van Suid-Afrika het Albertus erg onder die droogte deurgeloop. “Die weiding in hierdie omgewing is skraps en as jy nie alternatiewe planne gereed het nie, gaan jou vee swaarkry,” sê hy.

Albertus het agt jaar gelede sy Rumax-voermenger aangeskaf en hy kan nie vandag sonder hom klaarkom nie. Hy sê: “As hierdie voermenger van my af weggevat moet word, verkoop ek my plaas!

“Ek voer die skaap baie gemaklik met die voermenger en hy het my nog nooit in die steek gelaat nie. Gedurende 2019 se uiterste droogte het ek 1 800 ooie per dag met die voermenger gevoer en nog die 1 200 lammers in die voerkraal ook, sonder enige probleme. Ek is werklik baie in my skik met die voermenger.”

Albertus sê: “Ek het hamermeulens gehad voordat ek die voermenger aangekoop het, maar die masjiene was baie arbeidsintensief en dit was te duur om twee trekkers te laat loop. Dit is juis waarom ek die voermenger gekoop het – om tyd en koste te bespaar. Met die voermenger is vermorsing tydens vermenging ook minimaal. Soms kan die mengwa nie die hele plaas vol ry nie, dan tap ons die voer af in sakke en gaan voer die skaap met die bakkie vanuit die sakke. Die uitlaatmeganisme is stewig en die proses om die voer te sak is moeiteloos.

Albertus Steenkamp se skaapkudde floreer ten spyte van die uiterste droogte. Daarvoor sorg Rumax se voermenger.

“Dit is altyd belangrik om te verseker dat die inhoud van jou voer, wat gewoonlik uit verskeie teksture en hoeveelhede bestaan, deeglik gemeng word sodat elke dier met elke hap, die regte hoeveelheid van al die voedingstowwe inneem,” sê Albertus. “Rumax slaag uitmuntend in hierdie uitdaging.”

Reg voorbereide voer verseker die welstand van die boer se vee en die voordele wat sterk en gesonde diere meebring. Die gunstige gevolg van die verbeterde voer op Albertus se kudde was dat sy lampersentasie met 40% gestyg het. Geen boer kan so ՚n verbetering versmaai nie.

Die Rumax-voermenger vergemaklik Albertus se taak om gebalanseerde kos aan sy diere te voorsien. Vir enige boerdery, groot of klein, is die gehalte van voermengsels, die regte kerflengtes van ruvoer en noukeurige mengsamestelling die basiese eienskappe van ’n goeie voermenger.

Die Rumax-voermenger het ’n horisontale, beheerde mengaksie met ’n mengvermoë van tot 15 m³. Daarby het hierdie kompakte menger ’n lae kragbehoefte en bespaar die boer ook geld en tyd omdat Rumax ontwerp en vervaardig is om so taai en betroubaar as moontlik te wees sodat herstel- en onderhoudskoste tot die minumum beperk word. Die menger is ook op ՚n skaal gemonteer waarmee die komponente van die rantsoen baie akkuraat afgemeet kan word.

Die ooie se voer is perfek gekerf en gemeng deur die Rumax 15m3 voermenger.

Albertus is ՚n jarelange kliënt van Rumax en kan nie uitgepraat raak oor hulle uitstaande diens nie. Gevra wat hy maak om sy diere te voer as sy Rumax onklaar raak, is sy antwoord: “Rumax raak nie onklaar nie, maar as dit dalk sou gebeur, weet ek Rumax se mense sal ՚n plan maak voordat my skape honger ly.”

Rumax bied ’n verskeidenheid voermengers, elk met spesifieke eienskappe en vermoëns, om in elke boer se unieke voerbehoeftes te voorsien. Kry vandag nog jou Rumax-voermenger om jou vee suksesvol te voer en meer wins in jou sak te steek.

So lyk voerkraallammers se voer wat deur die Rumax-voermenger voorberei is: Elke hap ՚n meesterstuk.

Vir meer inligting, kontak Jaco Pieters by 082-335-3970 of 023-342-6070, of e-pos jaco@rumax.co.za Besoek ook www.rumax.co.za om Rumax se hele reeks wenwerktuie te sien.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0