Jongste oor Bek-en-klouseer in SA

cape wools sa logo
Na aanleiding van onlangse inligting deur Cape Wools SA (CWSA) rakende die Bek en Klou situasie in Suid-Afrika, het die nasionale voorsitter, Guillau du Toit, die volgende boodskap vir boere :
- Boere moet kennis neem dat die afhandeling van die proses om die Bek-en-klou situasie tot normaal terug te bring, tyd gaan neem weens onderhandelinge tussen die regerings van Suid-Afrika en Sjina.
- Indien moontlik moet boere poog om die wol so lank moontlik op die rug van die skaap te hou, indien korter as 65 mm vetwol geskeer word.
- Dit is veral kortwol wat onder prysdruk verkeer.
- Bespreek die opsies met jou makelaar
Guillau du Toit is tans in die buiteland en is alleenlik beskikbaar op WhatsApp by 083-561-6325 vir enige verdere navrae en kommentaar.
Bron: Cape Wools SA