John Deere vier ‘n jaar van toewyding en volharding

e01a77d8-9bb5-4c52-b026-0dc62c5c6057
Die landboubedryf bly jaar-na-jaar onvoorspelbaar en op talle terreine ‘n uitdaging, maar die deursettingsvermoë, positiewe en skeppende ingesteldheid van John Deere se span het weer vanjaar geseëvier.
John Deere het onlangs hulle jaarlikse toekenningseremonie te Kievitskroon, Pretoria gehou. Hierdie geleentheid beloon die harde werk van John Deere se handelaars, tegnici en verteenwoordigers.
Jaco Beyers, besturende direkteur van John Deere het geopen met die volgende woorde: “Dit is dus met groot trots dat daar erkenning gegee word aan die uitskieters van die bedryf. Dit is voorwaar ‘n eer om hier te staan en terug te kyk na nog ‘n ongelooflike jaar. Elkeen wat vanaand hier sit, is genooi omdat jy ‘n impak in ons onderneming maak en ek salueer elkeen van julle. Die afgelope drie jaar is ons op ‘n rewolusionêre reis, waarin ons ontwikkel het van ‘n vervaardigings- en boerderytoerustingmaatskappy na ‘n tegnologie-gefokusde maatskappy.
“Vanaand se seremonie is ‘n ware weerspieëling van ons spanne se toewyding, betrokkenheid en ontelbare ure op die pad. By John Deere streef ons altyd na iets beter en belê in ons handelaars en spanlede om volhoubare oplossings met innovasie en baanbrekerstegnologie te bied.”
Lucas Groenewald, verkoopsbestuurder van John Deere sê: “Wat ‘n wonderlike jaar was dit nie! Vanaand is ek trots en nederig om deel te wees van so ‘n ongelooflike span! Die een ding waarop ek klem wil lê, is dat ons nie net trekkers verkoop nie, ons is deel van die voedselproduserende bedryf wat ons opnuut moet laat besef: Waar kom jou bord kos vandaan? Alle eer gaan aan ons boere.”
Hy voeg by: “Ek is trots om ‘n paar hoogtepunte van 2023 te deel – aan die begin van ons begrotingsjaar het ons 2 300 trekkers ingedien en ‘n totaal van 2 360 verkoop. John Deere se 5075E bly steeds die nommer een-verkoper in die mark. John Deere se 6135B en die 6140M is vandag die topverkopers vir groot trekkers in Suid-Afrika. Ons is trots om te sê dat ons die meeste 8R-trekkers ooit verkoop het vanjaar met ‘n totaal van 338. Ons het die beste jaar nog ooit met stroperverkope gehad met ‘n totaal van 213 en ons het 133 selfaangedrewe spuite verkoop.”
“Alle eer gaan aan ons handelaars en verteenwoordigers in die veld, sonder julle, sou dit nie moontlik gewees het nie!” sluit Lucas af.
- Griffiths Makgate, konstruksie- en bosbouverkoopsbestuurder oorhandig twee toekennings aan Pieter Nel van Afgri Equipment vir die hoogste konstruksieverkope en hoogste segmentgroei in die konstruksie- en bosbou-afdeling.
- Konstruksie- en bosbouverkoopswenners van die jaar: Susan Hutton van AFGRI Noord, Middelburg in derde plek, Leon Pool van AFGRI Vredendal in die eerste plek en Klinton Kane van AFGRI Kempton Park in tweede plek.
Die toekennings vir 2023 is soos volg:
Die Jackie Pretorius Extra Mile-toekenning vir buitengewone diens is aan Hentie Breedt toegeken.
Kwek Dietrichsen van Senwes Hoopstad stap vanjaar weg met die PowerGard™-kontrakkundige toekenning, met Theunis Verster van AFGRI Bethlehem in die tweede plek en Philip Human van AFGRI Standerton derde.
Die verkoopspersoon van die jaar vir groot landboumasjiene is André Botha van GWK Douglas. Paul Jansen van Rensburg van AFGRI Bethal het die tweede plek behaal en Arnold Jordaan van JDI Bredasdorp is in die derde plek.
Die verkoopspersoon van die jaar vir klein landboumasjiene is Paul Jansen van Rensburg van AFGRI Bethal, met Emile Tomlinson van JDI Swellendam tweede en ‘n gesamentlike derdeplek is toegeken aan Sarel Opperman van AFGRI Delmas en Nelis van Heerden van Senwes Aliwal-Noord.
- Hentie Breedt ontvang die Jackie Pretorius, Extra Mile-toekenning vir buitengewone diens oorhandig deur Lucas Groenewald.
- Antois van der Westhuizen van John Deere Financial saam met die wenners van die John Deere Finansiesspesialistoekennings: Marthie Botha, Willem Roets en Armand Denoon.
‘n Afdeling waarin John Deere uitmuntende groei die afgelope jaar getoon het was met hulle konstruksie- en bosboutoerusting en vir die eerste keer is daar ook toekennings oorhandig aan die uitblinkers van die jaar in hierdie deel van die bedryf.
Die konstruksie- en bosbouverkoopspersoon van die jaar is Leon Pool van AFGRI Vredendal met Klinton Kane van AFGRI Kempton Park in die tweede plek en Susan Hutton van AFGRI Noord, Middelburg in die derde plek.
Afgri Equipment ontvang beide toekennings vir hoogste konstruksieverkope en hoogste segmentgroei in die konstruksie- en bosbou-afdeling. Pieter Nel ontvang die toekennings. Griffiths Makgate, konstruksie- en bosbou verkoopsbestuurder ontvang die “Never Idle” toekenning, vir sy toewyding, harde werk en groei binne die John Deere-groep.
Marthie Botha het die John Deere Finansies-spesialistoekenning van die jaar gewen, Willem Roets behaal die tweede plek en Armand Denoon derde plek.
Karen Jordaan ontvang die SSC-toekenning van die jaar vir die meeste kontrakte (‘n totaal van 592) saamgestel en afgeteken vanaf Januarie tot Oktober 2023.

Onderdelekennerfinaliste en wenners saam met Glenys Milingham van John Deere, Magda Wallace (derde), MG Labuschagne (vyfde), Morné Cloete (eerste), Gregory Makenna (vierde) en Abraham Mouton (tweede).
Zandile Madalane is die John Deere Financial/ABSA-sake-ontleder van die jaar.
Morné Cloete van AFGRI Polokwane is aangewys as onderdelekenner van die jaar. Tweede was Abraham Mouton van AFGRI Caledon, en derde Magda Wallace van AFGRI Bethlehem.
Onderdelehandelaar van die jaar is toegeken aan AFGRI Lydenburg.
՚n Jaarlikse hoogtepunt is die aankondiging van werkswinkel van die jaar en vanjaar stap AFGRI Harrismith weg met die titel, Senwes Parys is tweede en AFGRI Bethlehem derde. AFGRI Middelburg het die toekenning ontvang vir konstruksie- en bosbou-werkswinkel van die jaar.
- Ruan Kriel van AFGRI Brits is aangewys as tegnikus van die jaar.
- Armand Botha van Mascor Witrivier is aangewys as konstruksie- en bosbou tegnikus van die jaar.
- Morné Cloete van AFGRI Polokwane is vir die tweede jaar aangewys as onderdelekenner van die jaar.
Ruan Kriel van AFGRI Brits is aangewys as tegnikus van die jaar, Stephan De Klerk van AFGRI Marquard was tweede en Izak De Lange van AFGRI Delmas derde.
Armand Botha van Mascor Witrivier is aangewys as tegnikus van die jaar vir konstruksie- en bosbou, Anton Lombard van Senwes Bloemfontein was tweede en Sabo Magqabi van Mascor Kokstad derde.
Die toekenning vir handelaar van die jaar vir divisie 2 en 3 afset is toegeken aan Tata Zambië. Handelaar van die jaar enkelafset is toegeken Swazi Trac.
Die handelaar van die jaar vir veelvoudige afset is AFGRI Noord met JDI Implemente tweede en GWK derde.