Jamica Brahman en Simbra-stoet hou uitstekende 10de produksieveiling

DSC_0127
Jamica Brahman en Simbra-stoet se 10de produksieveiling het vanjaar op 19 Augustus 2023 plaasgevind by die Bull Ring Auction House in Ermelo.
James en Janco Prinsloo is agter die stuur van sake by Jamica en die pa en seun span het uitsonderlike pryse op die veiling behaal vir beide die Brahman en Simbra bulle.
Vir hierdie twee broers kom goeie genetika eerste. Hulle streng seleksie en keuring van diere was’n toonbeeld van die diere wat op vanjaar aanbod by hulle jaarlikse produksieveiling was.
“Dankie James, Janco, en jou gesin vir die ongelooflike eer; dankie aan elkeen van ons gewaardeerde klante; dankie aan Swiftvee, JJ en Jaco, Wessel en Sakkie, en die res van die fantastiese span by Vleissentraal Ermelo. ‘n Spesiale dankie aan almal wat gehelp het om die Bull Ring fasiliteit so pragtig op te maak,” sluit PM Swart van Vleissentraal, af.
Die gemiddelde en hoogste pryse van die dag
Bulle:

Duurste Simbrabul, Lot 5, is verkoop vir R200 000. Die gemiddelde prys behaal vir 35 Simbrabulle was R74 838.

Duurste Rooi Brahmanbul, Lot 14, is verkoop vir R115 000. Die gemiddelde prys vir 10 Rooi Brahmanbulle was R74 375.

Duurste Manso Brahmanbul, Lot 19, is verkoop vir R110 000. Die gemiddelde prys vir 11 Manso Brahmanbulle was R71 500.
Maak seker jy dagboek Jamica se volgende produksieveiling vroegtydig om nie uit te mis op hierdie goeie genetika en topgehalte diere nie!
As jy jou veiling wil bemark kontak:
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com