Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 19th February 2024

Indrukwekkende Santa Gertrudis-stoet van Indruk Santas op uitverkoping

By 2 min read
454 words

hoof

HN 20-05, ‘n top Santa-bul wat sy man al behoorlik gestaan het in Indruk-stoet.

Die Santa Gertrudis vleisbeesras is ‘n ekonomiese antwoord op moderne vrae in die rooivleisbedryf. Hierdie vleisbeesras met besonderse vleiseienskappe is ‘n baie aanpasbare ras by ‘n groot verskeidenheid van klimaatstoestande regoor Suid-Afrika. Die kombinasie van gehardheid en uitstekende vleiseienskappe maak hierdie ras juis ‘n ekonomiese keuse.

Die Santa Gertrudis stoet van Indruk Santas het geen bekendstelling nodig nie. Dr Hennie Nel, ‘n man wat oor die jare heen ‘n groot liefde vir rooi beeste ontwikkel het vertel dat wat vir hom die meeste van die Santas uitstaan is hulle vrugbaarheid, uitstekende temperament, groei en die vermoë om swaar speenkalwers te produseer wat ook gewild is onder voerkraalkopers. Toe dr Nel begin boer het moes hy op die ou end kies tussen Brahmane en Santas, en is tot vandag toe nie spyt oor sy besluit nie.

Indruk Santa Gertrudis se naam is afgelei van die Santa bul Hindrik van Bowman Santas. Dit is die bul waarmee dr Hennie Nel die stoet in 1984 begin het. Hy het dié bul saam met drie koeie van Kiewiet Kotzenberg aangekoop.

Oor die jare heen het Indruk Santas werklik ‘n indruk gemaak en gelos waar ook al hulle gaan. Van skouwenners tot veilings. Hierdie 40 jare oue Santa-stoet kan gekenmerk word as nie net een van die oudstes nie maar ook van die beste in die land. Hierdie stoet word bestuur en bedryf vanaf Grootvlei en T-plaas, net buite Nylstroom, ‘n klipgooi vanaf Pretoria.

Prestasie toetsing is en was nog altyd ‘n belangrik fondament vir Indruk. Hiér poog hulle om diere te teel met syfers bo ras gemiddeld, hulle selekteer ook vir diere wat gehard, aanpasbaar en vrugbaar is. Hulle is baie selektief as dit by die bulle kom en neem nie net syfers in ag nie maar ook voorkoms.

Dr Hennie Nel en sy dogter Louise is ‘n gedigte pa en dogter span wat hulle liefde vir die plaas en die Santa Gertrudis beesras oor die jare heen uitgeleef het, en is trots op wat hulle bereik het. Louise vertel dat die verkoop van die grond, plase en die stoet ‘n bitter pil is om te sluk en dat daar baie harde werk, jare se toewyding, drome en beplanning in die stoet en die boerdery ingesit is, maar glo dat die plaas en die diere wat verkoop word ‘n waardevolle betekenis gaan toevoeg vir die volgende boer.

Maak seker jy mis nie die geleentheid om van die beste Santa genetika te bekom nie. Die diere van Indruk Santa-stoet sal die 14de Maart om 12:00 op veiling wees, by Kranskop veilingskrale te Nylstroom, die veiling sal lewendig een aanlyn aangebied word deur CDP auctioneers. Op aanbod sal ongeveer 80 vroulike diere en 6 bulle wees.

Vir enige navra kontak vir Louise Paterson by 082 774 0317.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0