Hou jou graan veilig met RSA Grain Storage

NAM08595
In die verlede het boere staatgemaak op die koöperasie vir hulle graanopberging, maar soos wat landboutegnologie voortuitgang beleef, so skuif meer en meer boere oor na hulle eie graanopberging. RSA Grains Storage is die kenners van graan- en wateropberging. Met hulle dekadeslange kennis kan hulle jou help om ‘n pasgemaakte oplossing vir jou plaas te kry.
Willem Loots, eienaar en direkteur van RSA Grain Storage, sê dat boere gewoond was aan die koöperasiemodel om hulle graan op te berg, maar met jou eie opberging sit jy die beheer terug in jou eie hande.
Die voordele van jou eie opberging
- Dit gee jou meer beheer om jou graan op jou eie tyd te stroop en te berg
- Jy kan uilaai wanneer jy wil en meer beheer hê oor jou vervoertye
- Die graan wat jy insit is jou eie graan, en dit is ook die graan wat jy uitkry. So, jy beheer die gehalte van die graan wat ingaan en wat uitkom.
- Willem Loots, eienaar en direkteur van RSA Grain Storage by hulle NAMPO 2025-uitstalling.
Wie is SA Grain Storage?
SA Grain storage is in 2014 gestig en is geleë in Heilbron in die Noord-Vrystaat. Hulle het aanvanklik met klein opgaarstelsels begin en van daar ‘n natuurlike uitbreiding gesien na groter opberging, tot waar hulle nou groot silokomplekse oprig.
Hulle kan help met enige grondstowwe wat hanteer, verskuif of geberg moet word. Dit sluit in graanopberging, grondstofhantering en wateropberging.
“Ons kan kleinskaalse boere help met ‘n 50-tonsilo tot by die persoon wat ‘n opbergingsgoplossing van 100 000 ton noig het. Ons het tydelike skure wat van PVC gemaak word en dan rol ons ook ons eie damme. Ons voer ook groot silo’s in wat aan Europese spesifikasies voldoen. So ons kan op elke punt help, van klein opberging vir persoonlike gebruik tot kommersiële opberging op die plaas of self nywerheidsopberging vir graan wat na meulens toe gaan,” sê Willem.
Hoekom moet jy RSA Grain Storage kies?
Willem glo dat hulle ondervindig oor die afgelope twintig jaar help wanneer dit kom by jou plaas se bergingsoplossings. Hulle weet nou al wat werk vir watter deel van die bedryf.
“Maar soos julle weet is dit nie soos ‘n produk wat jy by BKB van die rak gaan afhaal nie – wat by jou werk, werk nie noodwendig by die buurman nie,” sê Willem.
Daarom werk hulle saam met hulle klante. Hulle gaan kuier op die boer se plaas, sit saam met hom om die tafel en kyk mooi watter behoeftes daar is. Dan ontwerp hulle ‘n spesifieke projek wat vir hom sal werk.
“Dit is ‘n tydsame proses om deur alles te gaan, maar dit verseker dat ons uiteindelik presies die regte oplossing vir ons klante bied,” sê Willem.
Wat RSA Grain Storage laat uitstaan teen ander maatskappye, is die tyd wat hulle insit nadat die projek afgehandel is. Willem vertel dat 70% van hulle klante weer terugkom om nog werk saam met hulle te doen.
“Ons fokus baie op ons naverkopediens om seker te maak dat ons die nodige ondersteuning bied. Ons wil nie net iets verkoop en dan sê baie dankie nie, ek wil graag hê die klante moet weer terugkom.”
Daarom is die verhouding tussen RSA Grain Storage en hulle klante vir hulle uiters belangrik.
RSA Grain Storage en AGI
RSA Grain storage is ook een van die grootste verspreiders van AGI-silo’s en toerusting in Suid Afrika. Die maatskappye het oor die afgelope ses jaar reeds meer as 100 000 ton se bergingsruimte saam opgerig.
“Dit is ‘n maatskappy met wie ons lekker hande gevat het. AGI het gehalte produkte en ons bied van ons kant af die naverkopediens wat saam met hulle produkte kom. Ons doen die installasie, grondwerke en siviele werke.”
Vir die beste silo’s en opberginsgoplossings in Suid-Afrika en Afrika, besoek gerus RSA Grain Storage se webtuiste by www.rsagrainstoragesolutions.co.za.


