Categories: News, Resource managementPublished On: 19th February 2018

Hoor en sien beter met Honeywell

By 5 min read

20180216_083939

‘n Mens word gebore met net een stel ore en een stel oë. Dit sal jou loon om hulle te beskerm, want as jy nie meer lekker kan sien nie, omdat die son se UV-uitstraling jou oë opgefoeter het en jy kan nie meer lekker hoor nie, omdat die geknetter van geweervuur jou oordromme beskadig het, gaan jy ook nie meer lekker kan werk of speel nie, veral in die jagveld.

Kyk na jou ore!

Honeywell Impact Sport se slim elektroniese oorfone help jou om beter te hoor en beskerm jou ore terselfdertyd teen harde geluide. As jy uitgaan in die nag om die skaapdiewe voor te lê kan jy dit maar saam met jou nagsigtoerusting en skietding op jou noodsaaklike lysie sit.

Die oorfone gaan jou help om te hoor as die skelms doer onder die pad vir mekaar fluister of selfs as die skape onrustig begin beweeg in die ander hoek van die kraal. Jy sal naggeluide hoor wat jy nooit geweet het bestaan nie.

Tegnies werk dit so: Geluide soos stemme, ‘n geristel in die bos, die voertuie op die snelweg word tot vier keer harder gemaak tot by 82 desibel in jou ore, maar enige harde slag soos ‘n skoot of iets wat val, word gedemp. Jy kan die direksionele mikrofoon van die oorfone na vorentoe of agtertoe laat wys.

Die groot voordeel hiervan op die skietbaan is dat jy die skietinstrukteur of baanbeheerbeampte se stem baie duidelik kan hoor sonder dat die skietgeluide jou pla of jou ore seermaak. In die jagveld kan jy hoor as die bok agter die bos beweeg, jy sal ook van baie ver af kan hoor as die kwaai buffel begin storm en jy sal kan hoor as die gids praat, maar jy sal nie skrik as jou jagmaat onverwags skiet nie.

Die oorfone het ‘n lae profiel en pas knus oor jou kop en ore, sodat dit nie sal pla as jy die geweerkolf skouer toe vat nie; dit sal ook nie vashaak aan elke takkie in jou pad nie. Die hoogteverstellings is net bokant die oorstukke en jy kan dit opsit en dan verstel tot dit gemaklik pas.

Brildraers sal ook aangenaam verras wees met die gerief. Jou bril se armpies word nie in jou slape ingedruk nie.

Wanneer jy dit wil bêre, druk die oorstukke gerieflik in die kopband se sirkel in om klein op te vou.

So klein vou die oorfone toe

Die kussinkies is sag en gerieflik en jy gaan nie na ‘n uur of wat voel jy moet die oorfone afpluk nie. Jy kan ook die kussinkies uithaal om te was.

Dit is baie maklik om die volumeknoppie op die oorstuk te vind en sy geriffelde kant maak dit maklik om te draai – selfs met ‘n handskoen aan. Die knoppie steek egter nie uit sodat jy dit per ongeluk harder en sagter gaan stel nie. Draai jy die knop tot AF, sak daar ‘n salige stilte op jou neer!

Let op die lekker groot volumeknop met sy riffels

Nog ‘n bonus is dat jy jou selfoon of enige ander elektroniese musiekmaker by die oorfone kan inprop om musiek te luister terwyl jy sit en wag vir die son om te sak, of om jouself in die werkplek te vermaak. As jy die musiek kliphard stel, gaan jy uitaard ander geluide uitskakel, maar teen ‘n redelike volume sal jy die musiek kan geniet en nog steeds hoor as jou baas met jou praat.

Die stel word deur twee AA-selletjies aangedryf en skakel outomaties na vier ure af. Honeywell het baie navorsing gedoen om ‘n skitterende stel oorfone vir alledaagse gebruik, vir beveiliging op die plaas en in die werkplek en vir gebruik op die jagveld en skietbaan te ontwikkel en ProAgri beveel dit met graagte aan.

Luister as jou oë praat!

Die son in Afrika is nie vir sissietjies nie en ‘n bril wat die UV-strale van jou oë af kan weghou gaan sorg vir baie meer jare se kykplesier. Honeywell se A700-reeks gaan jou oë teen die son beskerm, maar jy kry ook baie meer saam met die pakkie.

Beskerm jou werkspan se oë teen die helder Afrikason

Hier is so ‘n paar van die voordele:

– Die brille is bestand teen lae impak en kan selfs ‘n windgeweer se patroon wat teen 45 meter/sekonde beweeg stop.

– Die lense is krapbestand – jy kan maar deur die bosse loop sonder om vir elke takkie te koes en die lense beskerm ook jou oë van die kant af.

– Elke kleur het sy spesifieke toepassing. In swak lig sal die geel bril jou help om duideliker te sien, die blou lense werk lekker om die oggendlig vriendelik te maak, grys is heerlik vir skerp sonlig en die helder kleurlose lense werk goed om jou oë te beskerm van die fabriek, tot buite en weer voor die rekenaar.

– Die grys en helder lense is ook wasembestand (antifog), wat beteken dat skielike temperatuurwisseling nie jou sig sal raak nie.

– Die lense is almal getoets en voldoen aan internasionale standaarde.

– Hulle word as 1F gemerk, wat beteken daar is geen optiese verandering of verwringing nie. Jy kan maar jou kontaklense inhou, die bril gaan nie jou sig verander nie.

– Werkers se oë sal beskerm word teen stof of teen gifstowwe vir spuitwerk.

– Jy kan dit ook maar voor in jou bakkie laat lê – dit gaan nie kleur verloor of krap nie.

– Die brille is ook baie lig en gemaklik en jy kan dit vir agt ure lank aaneen dra sonder enige nagevolge.

– Die beste is dat die brille maar tussen R50 en R65 kos, afhangende van die kleur!

HSE Solutions is die agent vir Honeywell in Suid-Afrika. Vind uit wie jou naaste verspreider is deur HSE Solutions te skakel by 011-971-8040 of stuur ‘n WhatsApp na 082-574-0782.

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0
Categories: Hulpbronbestuur, NuusPublished On: 19th February 2018

Go to Top