Hoekom vriesbrandmerking as ’n oortreflike metode deur boere gebruik word

IMG-20221027-WA0013
Wat is vriesbrandmerking?
CryoBranding, of “vriesbrandmerking”, is in 1966 deur dr. R. Keith Farrell van die Washington Staatsuniversiteit ontwikkel. Wanneer beeste met uiterste koue brandysters verkoel deur droë ys gebrandmerk word, word die natuurlike haarjas in die gebrandmerkte area met wit hare vervang.
Die verkoelingsmiddel word gebruik om die temperatuur van ’n brandyster só te verlaag dat die aanwending daarvan op geskeerde vel die haarfollikels permanent verander. Die intense koue vernietig die kleurpigmentasie in die dier se haarfollikels, wat alle daaropvolgende haargroei sonder kleur laat. Dit skep ’n permanente hoë kontras merk in die vorm van die vriesbrand-yster se ontwerp. ’n Langer toediening van die koue yster kan die hare ook permanent verwyder, en dit word gebruik op wit of bleek diere. In hierdie gevalle laat die verlies van hare ’n strook haarlose vel in die brandmerk se vorm.
Hierdie vorm van brandmerking is sagter op die dier se pels en kan gebruik word om die hare permanent te verwyder indien die ysters lank genoeg in posisie gehou word. Hier is alles wat jy oor vriesbrandmerking behoort te weet.
Wat is die voordele van vriesbrandmerking?
Vriesbrandmerking met droë ys groei tans in gewildheid weens die permanente identifiserende kenmerke wat skoon en esteties aangenaam voorkom, wat vir óf die eienaar se identiteit, óf individuele diere se identifikasie gebruik kan word.
As sulks verskaf vriesbrandmerking die volgende bykomende voordele:
- Vriesgebrande identifikasiemerke skaaf nie af of verbleik met tyd nie
- Die brandmerke is duidelik sigbaar, selfs van vêr af
- Beeste en vee kan makliker opgespoor word
- Die identifiserende vriesbrandmerke is ideaal vir gebruik in die melkery, en is ’n vereiste vir akkurate melkopnames
- Vriesbrandmerking is meer doeltreffend as oorplaatjies, want dié raak soms verlore, die nommers daarop verdof, of die plaatjies word onleesbaar weens modder en mis.
Die prosedure is effektief, want dit elimineer die velselle wat die hare sy kleur gee. Omdat diere se pels minder op kouer temperature reageer, is die gebruik van ’n koue yster baie minder ongemaklik vir hulle as ’n warm brandmerk-yster.
Gevolglik het hierdie metode om perde en beeste te brandmerk wydverspreide aanvaarding geniet.
In vergelyking met meer indringende tegnieke soos vuur- of elektriese brandmerking, is vriesbrandmerking baie sagter en minder indringend, en sorg vir lewenslange sigbaarheid, wat die opsporing van verlore vee maklik maak.
Vergeleke met warm brandmerking neem hierdie prosedure baie langer om te voltooi, maar veroorsaak dit minder emosionele stremming vir die vee. Die boer sal ook moet leer hoe om die gespesialiseerde toerusting te hanteer om die vriesbrandmerke suksesvol aan te wend.

Hoe werk die vriesbrandmerkproses?
Die yster wat vir groot vee se vriesbrandmerking gebruik word, veroorsaak dat die hare sy kleur verloor en binne 30 tot 40 dae na wit verander.
Droë ys en Isopropiel-alkohol voorsien van die beste en mees leesbare vriesbrand-identifikasiemerke, want dit is aansienlik kouer en meer doeltreffend as gevolg van die hoë alkoholinhoud.
Tydsberekening is ook noodsaaklik, aangesien die proses afhang van die groot vee se ouderdom, gewig en gesondheid.
Vervangingsverse moet gebrandmerk word wanneer hulle een jaar oud is, sodat die merk saam met die dier kan groei, en sodat jy meer van hulle het teen die tyd wat hulle begin voortplant en kalwers kry.
Deur die gebruik van ’n unieke nommerstelsel, kan vriesbrandmerking ’n effektiewe metode wees om ’n trop beeste te identifiseer.
Vriesbrandmerkysters word meestal uit koperallooi gemaak. Hoewel ysters uit brons, vlekvrye staal of aluminium gebruik kan word, het koperysters histories die beste resultate weens hul beter hittegeleiding.
Vriesbrandmerkysters kan van warm ysters onderskei word deur die gebrek aan kepe op strategiese plekke in die metaal, wat toelaat dat oortollige hitte ontsnap. Vriesbrandysters is soliede koperallooi-ysters wat in die verlange vorm gegiet word en nie soos met warm brandysters gebuig word nie. Die handvatsels is meestal korter en die spasie vir brandmerking is tipies baie groter.
Besoek https://dryice.co.za/mobi/4-farming/ vir meer inligting.
Ek stel belang . 082 070 2726