Hier kom ’n ding! Goeie nuus vir mielieboere

delta 2
Goeie nuus vir boere is dat Braam Bezuidenhout (links) Delta Saad verkoop het om nou al sy aandag op sy kunsmismaatskappy toe te spits, en dat die nuwe eienaars van Delta Saad goed toegerus is om mielieboere meer te bied. Hulle is Pieter Rademeyer, een van die voorste landboukundiges in ons land en voorheen hooflandboukundige van Pannar (middel), en George Barnard, ‘n bekroonde boer van Groblersdal wat bekend is vir sy opbrengsrekords.
Mielieboere gaan net wen met die onlangse oorname van Delta Saad deur George Barnard, ‘n bekroonde en suksesvolle boer van Groblersdal, en Pieter Rademeyer, ‘n gerekende landboukundige en voorheen hooflandboukundige van Pannar.
Delta Saad ontwikkel reeds sedert 2000 gesogte mieliebasters wat droogte- en hitteverdraagsaam is, en die nuwe eienaars sien daarna uit om Delta Saad tot nuwe hoogtes te lei.
Boere kan uitsien na opwindende mieliesaad met toepaslike agronomiese eienskappe vir hulle besondere omstandighede, gepaard met landboukundige ondersteuning om wenoeste te verseker.
Vir meer inligting, skakel Pieter Rademeyer by 066-190-3891, pieter.rademeyer@delta2000.co.za of George Barnard by 082-322-7471, george@morgantrading.co.za.
