Categories: NuusPublished On: 4th April 2019

Herfskommandowurm in die Wes-Kaap

By 0 min read
84 words

herfskommandowurm1_verskaf

Die eerste positiewe opsporing van Herfskommando-larwes is op suikermielies naby Clanwilliam in die Wes-Kaap ontvang. Die lokvalle in die gebied het ook die teenwoordigheid van hoë getalle Herfskommando-motte bevestig.

Die monsters is deur DAFF DIS versamel en bevestig deur die DAFF DIS PH diagnostiese dienste.

Almal wat in die Wes-Kaap betrokke is, moet daarop let dat verkenning sowel as feromoon observasie belangrik bly. Herfskommandowurm migreer gedurende die herfs, die huidige seisoen nou in Suid-Afrika.

Kontak: Jan Hendrik Venter, Plantgesondheid Vroeë Waarskuwings
Tel: 012-319-6384

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0