Categories: NuusPublished On: 21st October 2020

Help die boere in die Vrystaat ná die brande

By 2 min read
318 words

ekwxrjwxeaabp3s

Foto: Maroela Media

Die Vrystaat is in rou na boere in die Hertzogville-omgewing vee en weiding in die vernietigende brande in die omgewing tussen Christina, Hoopstad, Dealsville en Bultfontein verloor het.

Hierdie boere het hulp en voer vir hulle diere nodig.

Wat benodig word

•             Breëspektrum-antibiotika en ander veemedisyne;

•             Energielekke soos melassemeel en/of lekblokke;

•             Gras, oesreste, mielies en enige ruvoer.

•             Enige weiding wat uitgespaar is en afgestaan kan word;

•             Pale, draad en omheiningsmateriaal om beskadigde infrastruktuur te probeer herstel;

•             Plastiekpyp vir watervoorsiening; en

•             Brandstof en vervoer vir skenkings OF

•             Fondse om die bostaande te voorsien.

Hoe wil jy help?

Stuur jou naam, van, e-posadres en kontaknommer aan Lynette du Plessis by 082-823-3399 of per e-pos aan sentraal@tlu.co.za. Dui ook aan hoe jy wil help, uit die volgende opsies:

o             Fondse

o             Vervoer

o             Medisyne

o             Voer

o             Gereedskap

o             Ander

Versprei gerus hierdie boodskap so wyd as moontlik.

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

2 Comments

  1. Robert da Silva 27th October 2020 at 13:24 - Reply

    Benodig Bankbesonderhede vir skenking.

    Dankie

    Robert

    • Benine Ackermann 29th October 2020 at 10:46 - Reply

      Hi Robert -Stuur jou naam, van, e-posadres en kontaknommer aan Lynette du Plessis by 082-823-3399 of per e-pos aan sentraal@tlu.co.za. Dui ook aan hoe jy wil help.

Leave A Comment

0