Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 26th February 2025

Helicon vang jou wild veilig en vinnig

By 2 min read
462 words

ss-2-1300×620-1

Om wild te vang sit nie in almal se broek nie. Helicon is al sedert 1985 in die wildbedryf en kan jou help met wildvang, -tel en -vervoer. Hulle is ook die regte mense om jou te help om wild aan te koop of te verkoop. Hulle goed toegeruste en bekwame spanne handel enige projek vinnig en doeltreffend af en hulle vervoertrokke is aangepas om jou wild veilig en met die minste moontlike spanning by hulle bestemming te kry.

Die maatskappy is in Bloemfontein geleë, maar help wildboere regoor die land. Hulle spesialiseer in massa vangste met seil krale en kan ook help om ‘n dier te pyl. Helicon se vriendelike, professionele en etiese vangmetodes is net wat die moderne wildboer nodig het.

Hoekom moet jy Helicon kies?

  • Hulle neem beheer van al die bemarking, die nodige natuurbewaringsdokumentasie en permitte om diere te vang en te vervoer wanneer hulle jou diere verkoop of nuwes aankoop.
  • Hulle is al vir meer as veertig jaar geesdriftig betrokke in die wildbedryf en het al verskeie natuur- en wildbewaardingsorganisasies bygestaan.
  • Om diere suksesvol te vang, moet jy faktore wat stremming op die diere plaas so veel as moontlik uitskakel en Helicon werk mooi en profesioneel met jou diere.

Helicon se hoogtepunte

  • Die meeste wild wat hulle al in een maand gevang het was 2 951 diere.
  • Hulle kry uitstekende terugvoer van hulle klante.
  • Sommige klante is al vir meer as veertig jaar lojaal teenoor hulle.
  • Hulle handel betalings spoedig af.
  • Hulle het veertig jaar ervaring in die wildbedryf.
  • Die Helicon-span bestaan uit meer as veertig lede, waarvan meeste deel is van die wildvangspan. Die span is verantwoordelik vir die veiligheid en welstand van jou diere.

Helicon se vangmetodes

Helicon gebruik verskeie metodes vir wildvang.

Hulle gebruik die boma-metode om ‘n groot groep diere in ‘n kleiner ruimte vas te keer en dan in vragmotors te laai om vervoer te word.

Helikopter word ingespan om die diere bymekaar te kry. Seile wat na die vanggebied lei word opgerig. Die seile word gekamoefleer en kan oop- of toegemaak word.

Die vanggebied word gebruik om die diere kans te gee om te rus en af te koel. Sodra die diere kalm is, word hulle op die trokke gelaai.

Die trokke het drie tot agt kompartemente. Helicon se kleinste trok kan 60 springbokke vervoer, terwyl hulle grootste trok 140 kan vervoer. Wanneer dit by groot wild soos wildebeeste kom, kan hulle klein trok 24 wildebeeste vervoer en hulle groot trok kan 60 wildebeeste vervoer.

Hierdie vangmetode veroorsaak minimale versteuring en beperk die fisiese hantering van die diere om minder stremming te veroorsaak. Dit laat ook toe dat ‘n groot verskeidenheid wild op een slag gevang kan word.

Indien jy gebruik wil maak van Helicon se dienste kan jy hulle webtuiste besoek by www.helicon.co.za.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0