Goeie pryse behaal by Dampoort en Westbourn Bonsmara veiling

305140321_804497627343151_511651060187617708_n
Dampoort en Westbourn Bonsmara’s het Woensdag die 31ste Augustus 2022 ‘n uitstekende veiling gehad op die plaas Dampoort in die Dewetsdorp distrik.
Twintig geregistreerde bulle was verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R 62 750. Die duurste bul, Lot 10 (AVW 20-48) is vir R90 000 verkoop aan Smith Bekker van Glendor Bonsmara’s. Lot 6 (AVW 20-44) is vir R70 000 verkoop aan Heico Stroh van Dietmar Bonsmara’s van Bultfontein.


Sewe en veertig dragtige verse is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R 18 883. Die duurste vers is verkoop vir R 20 500. Meeste van die kommersiële vroulike diere is verkoop aan Johan Grobler van Pretoria.
“Baie dankie aan elke koper en ondersteuner gedurende die veiling. Geluk met die nuwe toevoegings tot julle kuddes van Dampoort en Westbourn genetika. Ons glo die diere gaan baie goed doen by hulle nuwe huise. Ons sien uit om julle weer volgende jaar vir ons 2023 veiling te sien,” sluit Fafa van der Westhuizen af.

Vir meer inligting oor Dampoort en Westbourn Bonsmara’s se kudde en opkomende veilings, volg hulle gerus op Facebook https://www.facebook.com/dampoortbonsmara/ of kontak vir Fafa van der Westhuizen by 071-6000-792.