Goeie nuus vir boere: Plaasseun vat voor by ISUZU SA

isuzu 1
Billy Tom is op 1 Junie aangestel as die nuwe hoof-uitvoerende beampte van Isuzu Motors SA en hy het op 1 Julie amptelik agter die stuur van hierdie gewilde voertuigmaatskappy ingeskuif.
Volle begrip vir die boer se omstandighede en behoeftes en ’n slim sakekop wat altyd ’n plan beklink om net die beste diens te lewer – dit is Billy Tom, Isuzu Motors Suid-Afrika se nuwe hoof-uitvoerende beampte. Boerdery en die plaaslewe is in Billy Tom se bloed. Hy het op die plaas, Niekerkshoop, naby Alexandria, in die Oos-Kaap grootgeword, waar sy ouers plaaswerkers was.
Billy het van ’n vroeë ouderdom af op die plaas geleer bestuur en het toe hy op hoërskool was reeds sy swaarvoertuigrybewys gekry. Daarmee het hy gedurende vakansies vragmotors bestuur vir ’n ekstra inkomste. Dit is ook hier waar hy ’n liefde vir voertuie en die voertuigbedryf aangekweek het.
Billy se eerste treë op die pad na sukses was die ses kilometer wat hy elke dag skool toe en terug gestap het. Na skool het hy die BCom-graad aan die Rhodes-Universiteit verwerf, en later in sy lewe ’n meestersgraad in sakebestuur deur UNISA behaal. Hy het sy loopbaan begin by Distill en vandaar by SABMiller. Hy het ook by Standard Bank, General Motors en Coca-Cola Beverages South Africa/Abi gewerk, waar hy ’n sleutelrol gespeel het om nuwe produkte aan die publiek bekend te stel. Hy was ook verant- woordelik vir die bestuur van die maatskappy se sentrale streek, wat sowat 46% van Suid-Afrika beslaan.
Terwyl hy by General Motors was, was hy verantwoordelik vir die bekendstelling van die Hummer- en Cadillacvoertuie en -agentskappe in Suid-Afrika. Billy se resep vir goeie sake is goeie kliëntediens. “Die manier waarop mense bakkies koop, het verander. Ons moet aanpasbaar wees om die kliënt tevrede te stel en die tipe diens te verskaf wat hy verwag,” verduidelik Billy.

Die verantwoordelikhede van die HUB behels die bestuur van al die afdelings van die maatskappy. Dit sluit die Isuzu-aanleg in Port-Elizabeth in, waar die voertuie gebou word, tot by die diens wat die kliënt uiteindelik by sy plaaslike Isuzu-handelaar ontvang. Mense moet onthou dat Isuzu as maatskappy maar net twee jaar oud is nadat GM in 2017 onttrek het. Daarom is Isuzu vasberade om homself te vestig as ’n maatskappy wat geskoei is op beginsels van dienslewering en persoonlike kliëntediens.
Isuzu-bakkies word in Suid-Afrika ontwikkel en getoets, daarom is hierdie voertuie uitstekend opgewasse vir die toestande in Afrika. Billy sien daarna uit om met die boere van Suid-Afrika saam te werk om te verseker dat Isuzu die eerste keuse bly as dit kom by jou werksesel op die plaas, by die betroubare vervoer van vee en ander plaasprodukte, en by gerieflike gesinsrygoed. “Ek het ’n passie vir die plaasgemeenskap, want ek het op ’n plaas grootgeword.” Een van die dinge waarna Billy uitsien, is om die nuwe generasie Isuzu-bakkies, wat in die tweede helfte van 2021 vrygestel gaan word, aan boere beskibaar te stel.

Billy vertel ook dat Isuzu groot planne het om uit te brei na Sub-Sahara Afrika. Met Billy Tom aan die stuur van sake en nuwe modelle wat binnekort vrygestel gaan word, het boere beslis baie om na uit te sien.
Bly in kontak met jou naaste Isuzu-handelaar om die regte bakkie vir jou plaas teen die beste prys te bekom.
Gaan loer gerus na Isuzu se vragmotors en bakkies op Agri4all.