Goeie nuus: Petrolpryse kan nog skerp daal in September

brandstof
Volgens die AA (Automobiel Assosiasie) kan brandstofpryse verder in September daal as gevolg van die Rand wat sterk is. Hierdie is baie goeie nuus vir alle Suid-Afrikaners.
Petrol se prys kan na verwagting met 69 sent per liter daal, terwyl die dieselprys met soveel soos 94 sent per liter kan daal.
Die brandstofprys vir September hang af of die Rand gaan aanhou om opwaarts te beweeg.
In Augustus het motoriste ‘n 99 sent-daling in petrolpryse gesien met 95-oktaan petrol wat teen R12,38 verkoop is en die dieselprys was R10,96.
Hierdie is wat die pryse moontlik vir September kan realiseer:
95-oktoaan petrol – R11,69
0,05%-diesel – R10,02
Bron: BusinessTech