Categories: Artikels, Auctions, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 21st October 2024

Gehalte gee deurslag op uitstekende Vlakte Bonsmara 15de bulveiling

By 3 min read
473 words

20241018_165541

Andries Kruger van Kameeldoring Bonsmaras (verkoper van duurste bul, Lot 6), Mike Killassy (afslaer) en Louw de Wet, van Inni Bos Bonsmaras (koper van Lot 6).

Op Vrydag 18 Oktober 2024 het die Vlakte Bonsmara Studiegroep hulle 15de bulveiling gehou te plaas Doornpan, Roedtan.

Besonderse gehalte, goeie bloedlyne en streng seleksiekriteria het vir uitstekende pryse op die bulveiling gesorg, met 100% verkope op alle diere.

Die diere op aanbod was werklik van hoogstaande gehalte, met kopers van regoor die land wat die veiling bygewoon en ondersteun het. Die veiling was aangebied deur Vleissentraal Bosveld en was ook aanlyn aangebied deur SwiftVee, met aanlynverkope op die dag wat ook baie goed gedoen het. Mike Killassy was die afslaer gewees.

Die stoet gemiddelde op die veiling was soos volg:

Bulle:

53 Stoetbulle verkoop teen ’n gemiddeld van R117 358 met die hoogste prys behaal vir Lot 6 van Kameeldoring Bonsmaras wat verkoop het vir R480 000 aan Inni Bos Bonsmaras. Omset op die bulle was R 6 220 000.

Stoet vroulike diere:

3 Dragtige koeie met kalwers verkoop teen ’n gemiddeld van R48 333 met die hoogste prys behaal vir Lot 61 van LFR Bonsmaras wat verkoop het vir R65 000 aan Zikali Farming van Queenstown. Omset op koeie met kalwers was R145 000.

6 Koeie met kalwers verkoop teen ’n gemiddeld van R51 250 met die hoogste prys behaal vir Lot 65 van Tian Kruger Boerdery wat verkoop het vir R80 000 aan Johan Goosen van G10 Bonsmaras. Omset op koeie met kalwers was R307 500.

8 Dragtige koeie verkoop teen ’n gemiddeld van R40 625 met die hoogste prys behaal vir Lot 72, van LFR Bonsmaras wat verkoop het vir R80 000 aan Anton J Venter. Omset op dragtige koeie was R325 000.

14 Dragtige verse verkoop teen ’n gemiddeld van R75 143 met die hoogste prys behaal vir Lot Lot 87, van Tian Kruger Boerdery verkoop vir R90 000 aan Anton J Venter van Mookgopong. Omset op dragtige verse was R800 000.

Die kommersiële gemiddelde op die veiling was soos volg:

  • 25 Dragtige koeie met kalwers (3-in-1) verkoop teen ’n gemiddeld van R32 120. Die hoogste prys behaal was R32 120.
  • 18 Koeie en kalwers verkoop teen ’n gemiddeld van R27 444. Die hoogste prys behaal was R30 000.
  • 31 Dragtige koeie verkoop teen ’n gemiddeld van R24 419. Die hoogste prys behaal was R26 000.
  • 100 Dragtige verse verkoop teen ’n gemiddeld van R24 660. Die hoogste prys behaal was R30 000.
  • 2 Verse wat by die bul geloop het verkoop teen ’n gemiddeld van R17 500.
  • 22 Oop verse verkoop teen ’n gemiddeld van R12 350. Die hoogste prys behaal was R17 000.

Baie geluk aan elke verkoper en koper. Die kopers stap werklik weg met van die beste Bonsmara genetika in die bedryf wat beslis hulle boerderye na die volgende vlak sal neem. Die Vlakte-groep bedank ook elke koper, ondersteuner en borg wat bygedra het tot die sukses van die veiling.

Die Vlakte-groep nooi ook almal uit na hulle komende slagvee-veiling wat plaasvind op 3 Desember te plaas Doornpan, Roedtan.

Besoek die Vlakte-groep en -webwerf by https://www.vlaktebonsmara.co.za/ of kontak vir Hendrik van der Walt by (+27)83-628-9301 of HP van der Walt by (+27)81-011-2049 vir enige navrae.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0