Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 29th September 2025

Gallagher se drukbeweidingstelsel bring nuwe lewe aan jou veld

By 3 min read
531 words

AM commerce-Smartfence lifestyle NZL__77A4925

Wanneer dit by moderne veeboerdery kom, is doeltreffendheid en volhoubaarheid nie net ‘n wens nie, dit is ‘n noodsaaklikheid. Gallagher Animal Management se drukbeweidingstelsel, wat bestaan uit die Smart Fence en die S100 sonkrag Energizer, bied ‘n slim, draagbare oplossing wat beide jou diere én jou grond gesond hou.

Wat is drukbeweiding en hoekom werk dit?

Drukbeweiding is ‘n metode waar diere vir ‘n kort tyd in ‘n beperkte deel van jou land of veld wei, sodat hulle al die beskikbare gras benut. Die grond kry dan kans om te rus en te herstel, terwyl die mis natuurlike voedingstowwe teruggee aan jou land of veld.

Hierdie siklus verbeter die drakrag van die grond en verhoog die gehalte van die weiding oor tyd.

“Die idee is nie net om jou diere wat selektiewe eters is toe te laat om al die lekker gras te eet nie, maar ook jou grond kans te gee om te rus en te herstel,” sê Benard Willemse, area bestuurder van Gallagher.

Boere wat drukbeweiding toepas, ervaar dikwels ’n afname in die behoefte aan byvoeding en grondherstelmiddels, wat beteken dat hulle geld en moeite bespaar.

“Ons het ook ‘n paar boere gehad wat al die toetse gedoen het, en die diere wat op drukbeweiding was het geen gewigsverlies gedurende die winter gehad nie,” voeg Benard by. Dit beteken dat boere nie in die somer weer die diere tot op gewig hoef te kry nie.

Die S100 Sonkrag Energizer

Die S100 Sonkrag Energizer is die hart van jou heiningstelsel. Hierdie slim toestel laai homself met sonkrag en hou jou heining aktief, sonder dat jy hoef te bekommer oor kragtoevoer. Met ’n herlaaibare battery aangedryf deur die son, is dit ’n volhoubare en betroubare energiebron, perfek vir afgeleë gebiede.

“Jy sit hom net aan en hy kry sy krag deur sy battery. Die son herlaai weer die battery sodat hy altyd krag het,” verduidelik Benard.

Die Smart Fence

Die Smart Fence is ‘n volledig draagbare, alles-in-een elektriese heiningstelsel. Dit bestaan uit 10 paaltjies en vier lyne (drie poli-vlegsel en een turbo-vlegsel), wat ‘n lengte van 100 meter en ‘n hoogte van 900 mm dek.

Dit is maklik om op te slaan, af te slaan en te vervoer. Geskik vir tydelike heinings of afgeleë weidingsgebiede.

“Wat ook handig is aan die stelsel, is dat jou hoek-eenheid plek het vir ’n stut, wat dit ekstra stabiel maak,” sê Benard.

Hierdie praktiese en slimheining kan aan enige energieverskaffer of bestaande elektriese heining gekoppel word, en jy kan dit uitbrei deur aan ‘n ander slimheining te koppel.

Voordele van drukbeweiding vir boer en sy vee:

  • Verbeterde veldgehalte en grondherstel
  • Minder kostes aan voer en grondherstelmiddels
  • Geen gewigsverlies by beeste tydens winter
  • Maklike installasie en vervoer
  • Volhoubare energie met sonkrag

“Dit is ‘n lekker vinnige en effektiewe manier om ‘n drukbeweiding sisteem op te sit.”

Gallagher se drukbeweidingstelsel is nie net ’n tegniese oplossing nie – dit is ’n strategiese belegging in die toekoms van jou boerdery. Met slim tegnologie, volhoubare energie en praktiese ontwerp bied dit ’n perfekte balans tussen dieregesondheid, grondgehalte en werkseffektiwiteit.

Laat jou veld werk vir jou – die slim manier. Besoek hulle webtuiste by www.gallaghersa.co.za om meer oor hulle slimoplossings te leer.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0