Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 31st May 2024

Fitment4Africa en vriende het alles vir jou 4X4

By 2 min read
371 words

Black White Fashion Boutique Simple Open Closed Sign Poster Landscape

By Fitment4Africa se NAMPO 2024-standplaas kon jy alles kry wat jy nodig het om jou 4×4-voertuig spoggerig te laat lyk.

Die maatskappy verkoop en installeer onder meer bykomstighede vir jou enjinkap, duwstange (nudgebars), armleunings en bakkiekappe (canopy).

Hulle het ook ‘n wye reeks oulike bybehore soos waterbottels, koelhoubokse, Hella kolligte en meer.

Besoek gerus hulle webtuiste by www.fitment4.africa om te sien hoe jy jou voertuig kan opknap.

Die Fitment4Africa-span het hulle standplaas met ander 4×4-vriende gedeel wat ook elkeen iets spesiaal aangebied het om jou voertuig topklas te laat lyk en werk.

Securi-Lid

Securi-lid vervaardig deksels vir jou bakkie, vergete is die dae van ‘n seiltjie wat met toutjies vasgeknoop word op jou bak. Die roldeksels bied vir jou gemoedsrus wanneer dit kom by veiligheid en die duursaamheid van jou bakkie.

Hierdie deksels is geskik vir kommersiële voertuie sowel as die avonturier wat sy voertuig se perke wil gaan toets.

Besoek gerus hulle webtuiste by www.securi-lid.com  om die deksels te besigtig.

Afriboot

Afriboot vervaardig vloermatte spesifiek vir jou model voertuig. Die matte word uit ‘n harde of medium materiaal vervaardig en is reukloos.

Hulle vervaardig vloermatte, kattebakmatte, matte vir die bak van jou bakkie asook ander bybehore.

Besoek gerus hulle webtuiste by www.afriboot.co.za om jou vloermatte te beskerm.

Stone Hill-sitplekoortreksels

Stone Hill Manufacturers vervaardig sitplekoortreksels, rathefboomoortreksels, sponsmatrasse en meer.

Hulle sitplekoortreksels word uit 100-persent katoendoek met egte leerinsetsels langs die kante vervaardig. Die insetsels help dat die materiaal nie deurskaaf wanneer daar in en uit die voertuig geklim word nie.

Stone Hill het ook ‘n eksklusiewe reeks met ‘n vyf-jaar onbeperkte waarborg.

Die oortreksels is beskikbaar in swart, blougrys, sjokolade, bruin, kakie en steenkool (charcoal).

Indien jy pasgemaakte sitplek- of ander voertuigoortreksels wil laat maak, sal Stone Hill Manufacturers jou daarmee ook kan help.

Besoek gerus hulle webtuiste by  www.stone-h.co.za  om die mooiste sitplekoortreksels en meer te kry.

Airmax-lugvering

Airmax kan jou help met enige lugveringprodukte. Hulle vervaardig draagbare lugkompressors, voertuiggemonteerde kompressors, lughorings, lugkrane en vele meer.

Airmax kan verseker dat jy gehalte produkte en uitstekende diens van hulle sal ontvang.

Besoek gerus hulle webtuiste by  www.assc.co.za om die sagste rit te verseker.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0