Categories: Resource managementPublished On: 16th August 2017

FG Wilson: Boer met krag

By 5 min read
942 words
FG Wilson

FG wilson 1

In die ou dae was daar nie ’n plaas wat kon regkom sonder ’n dieselenjin vir allerlei werke nie. Van waterpompe tot hamermeulens het dieselkrag benodig om te kon werk. Ondertussen is ’n hele elektriese kragnetwerk aangelê, maar steeds moet ’n boer sy dieselenjin gereed hou vir kragonderbrekings wat ’n knaende werklikheid in Suid-Afrika is.

Melkerye, verkoelingspakhuise, spilpunte, verhitting vir hoenderhuise, waterpompe en  veiligheidsbeligting saans benodig ononderbroke kragtoevoer. Wie kan hierdie behoefte beter verstaan as FG Wilson? Dié maatskappy bou al 50 jaar kragopwekkers in Noord-Ierland waar landbou die ruggraat van die gemeenskap vorm. Ann Brown, besturende direkteur van FG Wilson, sê boerdery speel ’n groot rol in die ontwikkeling van hulle produkte.

“Noord-Ierland het ’n lang geskiedenis van boere wat ook ingenieursplanne maak en ingenieurs wat ook boer. Masjiene en boerdery is in ons bloed! Hierdie lewenservaring speel ’n groot rol in hoe ons mense na produk-ontwerp kyk. Die klimaat hier kan regtig uitdagend wees en dit is iets wat ons altyd in gedagte hou wanneer ons produkte ontwerp,” sê sy.

In sy eenvoudigste vorm het ’n dieselkragopwekkerstel ’n dieselenjin wat ’n opwekker of alternator aandryf wat ’n elektriese wisselstroom produseer. Die enjin en alternator is vas aan ’n raamwerk waarbinne daar gewoonlik ook ’n brandstoftenk is vir 8 tot 10 uur se brandstofvoorsiening. Dit was vir jare die basiese beginsel en FG Wilson was en is ’n voorloper in die ontwikkeling van tegnologie om daardie konsep tot nuwe vlakke te voer. Ontwerpers van kragopwekkertoestelle het voortdurend ’n geveg teen geraas en hitte. FG Wilson se opwekkers word ontwerp om in temperature van tot 50°C te werk. Dit is een van daardie sake wat makliker is om te sê as om te doen.

Ann sê: “Om dit reg te kry, beteken dat daar ’n grondige begrip van lugvloei in geslote ruimtes moet wees. Dit is die soort van kundigheid wat ons deur die jare opgebou het tot by die punt waar ons ’n hele arsenaal van gedokumenteerde toetsdata het wat ons ontwerpe ondersteun. Dit is veral belangrik in hoë omgewingstemperatuur. Die uitdaging is nie om ’n kragopwekker toe te bou nie, die uitdaging is om dit te laat werk in hoë omgewingstemperatuur.”

Die toebou van ’n opwekker beskerm die stel teen die weer en help ook om geraas tot ’n aanvaarbare vlak te bekamp. Kaste vir opwekkers word van hoëgraadse of versinkte staal gemaak wat deur poeierverfbestryking afgerond word tot op die vlak van voertuigbakwerk. Die ontwerp is modulêr, wat beteken dat komponente op die plek geruil kan word indien herstelwerk nodig is. Deure en panele wat maklik afgehaak kan word, sorg ook dat daar maklike toegang tot die werkende dele is vir versiening en onderhoud.

FG Wilson

’n Beheerpaneel is dié plek aan ’n kragopwekker waar mens en masjien met mekaar kontak maak en FG Wilson se beheerpanele word ontwerp om kompak en intuïtief te wees. Daar is verskillende opsies: Die panele kan analoog werk met die draai van ’n sleutel vir eenvoudige en betroubare funksionaliteit. Daar is ook digitale panele wat veral geskik is vir outomatiese oorskakeling in die geval van kragonderbrekings met gevorderde metings en ingeboude diagnostieke vermoë en beskerming. Die volgende vlak van beheer is gesinkroniseerde panele met geïntegreerde ladingsbestuur wat tot 32 opwekkers op ’n slag kan sinkroniseer.

“Wat FG Wilson anders maak,” sê Ann, “is die manier waarop ons produkte getoets en aanvaar word. Ons het sedert 1990 meer as 600 000 kragopwekkers geïnstalleer met ’n totale kapasiteit van amper 90 gigawatt – meer as die totale elektriese kragnetwerk van Brittanje! Met soveel masjiene wat wêreldwyd werk, kan ons geen kanse waag met gehalte en prestasie nie. Ons aanvaar geen prestasiedata sonder dat dit in die klimaatomgewings getoets word waar dit gaan werk nie. Wanneer iemand een van ons produkte koop, kan ons met gemoedsrus bevestig dat dit getoets is vir die omgewing waarin dit moet werk.”

Dit is vir Ann ook baie belangrik HOE ’n kragopwekker verkoop word. Sy sê: “Ons het baie hard daaraan gewerk om ’n wêreldwye netwerk van verspreiders op te bou wat dieselfde vlakke van dienslewering as die motorbedryf handhaaf vanaf produkkeuse tot installasie en ’n leeftyd van ondersteuning. Ons lei self ons verspreiders op en ondersteun hulle met ’n onderdelesentrum met meer as 11 500 verskillende onderdele in voorraad. Tot drie-miljoen onderdele word jaarliks afgelewer, nie net vir ons nuwe produkte nie, maar ook vir al die ou staatmakers. In Suid-Afrika word FG Wilson deur Blue & White Generator Sales verteenwoordig.

Die hoofbestuurder, Nicola Morgan-Evans, sê dit is ’n sterk vennootskap. “FG Wilson se kragopwekkers bied die perfekte oplossing vir enigeen wat rugsteunkrag nodig het in die landboubedryf. Die handelsmerk het ’n lang geskiedenis, die produkte is betroubaar, getoets en word ondersteun deur ’n wêreldklas netwerk van onderdele en diens. Ons bring daardie vlak van ondersteuning na ons klante hier in Suid-Afrika, ook teen mededingende pryse.”

Volgens Ann is produkgehalte, ontwerp en kliëntediens die drie riglynbeginsels vir FG Wilson: “Die kragopwekkerbedryf leef nie op ’n eiland nie. Ons word al hoe meer beïnvloed deur ander bedrywe. Ons almal verwag meer van alles wat ons koop. Dit beteken dat ons aanhoudend onsself moet uitdaag om te verbeter.”

Vir meer inligting oor FG Wilson in Suid-Afrika, besoek www.fgwilsonafrica.com en vir meer inligting oor FG Wilson in ander wêrelddele, besoek www.fgwilson.com.

FG Wilson

Met so ’n netjiese kragopwekkereenheid kan ’n lineêre besproeiingstelsel sy eie krag met hom saamdra.

FG Wilson

Baie navorsing word gedoen om seker te maak dat FG Wilson se kragopwekkers nie te veel geraas maak of oorverhit nie.

FG Wilson

Boere moet kan reken op betroubare, deurlopende kragvoorsiening vir enige landbou-ontwikkeling. Met FG Wilson se kragopwekkers is dit moontlik. (Foto: Kakushi-plaas, Zambië)

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0