Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 19th June 2025

Feedtek verstaan jou veld en jou vee se behoeftes

By 4 min read
799 words

feedtek

Kry die beste vir jou beeste met Feedtek se voeraanvullings. (Foto erkenning: https://www.agdaily.com/)

Of jy nou ‘n kommersiële skaapboer in die Noord-Kaap is of ‘n gemengde boerdery in die Oos-Vrystaat bestuur, weet jy een ding verseker: in Suid-Afrika bepaal die gehalte van jou veldtoestande die prestasie wat jy met jou vee gaan behaal. Dit is presies waar Feedtek die verskil maak.

As toonaangewende verskaffer van veevoeroplossings bied Feedtek nie net wetenskaplik geformuleerde aanvullings vir elke seisoen en fase van produksie nie, maar ook produkopsies wat aanpasbaar is vir organiese boerderye. Hulle spits hulle toe op praktiese, kostedoeltreffende oplossings wat op grondvlak werk, veral wanneer weidings droog of arm is.

Hier is ’n oorsig van die mees suksesvolle Feedtek-produkte vir die huidige seisoen.

Veld Grazer 128 & 154: Doeltreffende proteïenlekke vir droë veld

Die Veld Grazer-reeks is ideaal vir gebruik op droë- of herfsveld waar daar energie beskikbaar is, maar proteïen ‘n beperkende faktor is. Hierdie ureumgebaseerde lekke stimuleer grootpensaktiwiteit en verhoog verteerbaarheid van veldmateriaal wat direk bydra tot beter inname en dus tot die kondisie van jou diere.

Veld Grazer 128 is ‘n hoëwaarde-lekaanvulling vir bees- en skaapboere wat maksimaal wil benut wat die veld bied.

Veld Grazer 154 bied ‘n effens hoër ureumvlak en is geskik vir meer ervare lekgebruikers of daar waar die veld baie laag in proteïen is.

Albei produkte is maklik hanteerbaar, hoogs aanvaarbaar vir diere, en ontwerp vir minimum vermorsing en dus maksimum doeltreffendheid.

Ecovite Dripro 64: ’n Slim, melassepoeier-gebaseerde winterlek

Hierdie nuwe toevoeging tot die Feedtek-stal is reeds besig om groot aftrek te kry onder boere wat op soek is na ’n winterlek wat energiebystand bied en terselfdertyd maklik hanteerbaar is.

Ecovite Dripro 64 is ’n melassepoeier-gebaseerde produk met ’n hoë vlak van aanvaarbaarheid, wat dit ideaal maak vir koue maande wanneer diere ‘n hoër voerinname het om voorsiening te maak vir verhoogde onderhoudsbehoefte om warm te bly. Die voerinname daal egter wanneer die veld van swak gehalte is, wat dan ‘n afname in diere se kondisie kan veroorsaak. Die produk is ontwerp vir droë veldtoestande van swak gehalte, en kan in lekbakke aangebied word.

Die praktiese voordeel? Jy kry konstante inname met minimale arbeidsinset, en jy hou jou diere gesond, aktief en op gewig gedurende die moeilikste seisoen van die jaar.

Econo Grazer 213: Ekonomiese proteïenaanvulling vir droë veld

Wanneer elke rand tel, is Econo Grazer 213 ’n uitstekende keuse vir boere wat ’n kostedoeltreffende oplossing soek sonder om gehalte in te boet. Hierdie lek verskaf nie-proteïen stikstof, minerale en ’n matige vlak van energie vir diere op veld met ‘n lae voedingswaarde.

Dit is ‘n goeie keuse vir boere wat hulle kuddes uitbrei, gesamentlike boerderye, of groot kuddes waar die koste van lekaanvulling vinnig opstapel. Feedtek se slim formulering help jou om daardie kuddes steeds gesond te hou sonder om jou winsgrens te knak.

Veldfos 90: Vir boere wat hou van ’n gebalanseerde benadering

Nie alle weidings vereis hoë ureumvlakke nie. Veldfos 90 is ’n proteïen- en fosfaataanvulling met ’n matige ureuminhoud, pasgemaak vir veld waar daar reeds ’n mate van ru-proteïen beskikbaar is, maar minerale tekortskiet.

Dis ook die perfekte produk vir jong diere, organiese stelsels, of boere wat ‘n meer konserwatiewe voedingsbenadering verkies sonder om produktiwiteit in te boet.

Veld Gainer 95: Kry groei op jou veld

As jy versnelde groei van jong beeste en skape verlang op natuurlike weiding, bied Veld Gainer 95 ’n strategiese voordeel. Hierdie produk is saamgestel om veldbronne aan te vul en spiergroei aan te moedig, perfek vir afronding op veld sonder om intensiewe stelsels te betree.

Diere op Veld Gainer 95 toon beter groei, beter kondisie en ‘n hoër bemarkingswaarde en natuurlike hulpbronne word maksimaal benut.

Beef Gainer 110 en Mutton Gainer 125: Kragvoerkonsentrate vir volhoubare produksie

Vir veeboere wat hulle eie volledige rantsoene wil meng, bied Feedtek twee spesialis-konsentrate:

  • Beef Gainer 110 is ’n hoëprestasie-beeskonsentraat vir onderhoud, produksie of afronding.
  • Mutton Gainer 125 is spesifiek ontwikkel vir die meng van kragvoer- en volvoermengsels vir skape en bokke om in hul unieke voedingsbehoeftes te voldoen.

Albei konsentrate word gemeng met plaaslike bestanddele sodat jy self jou koste kan bestuur en jou voedingsvlak kan optimaliseer. Hierdie oplossings pas perfek by voerkrale, of vir afrondprojekte vir bemarking voor veilings of verkope.

Voeding wat jou wins bevorder

Wat Feedtek onderskei, is nie net hulle deeglike produkontwikkeling nie, maar ook hulle vermoë om werklik saam met boere te werk. Hulle tegniese adviseurs help jou om die regte produk vir jou spesifieke toestande en diere te kies of jy nou met 50 of 500 beeste werk.

Met produkopsies wat ook geskik is vir organiese boerderye, bied Feedtek inklussiewe oplossings.  “Feedtek voed nie net diere nie, maar bou ook volhoubare boerderye.”

Besoek www.feedtek.co.za vir meer inligting oor die volledige produkreeks, of kontak hulle tegniese span vir ’n persoonlike aanbeveling deur ‘n e-pos te stuur aan info@feedtek.co.za of skakel 086-111-5362.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0