Categories: Arbeid, Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 24th August 2020

Farm Costing Solutions: Meet en bestuur jou arbeid

By 2 min read
386 words

FCS1

Farm Costig Solutions plaas jou bestuur in die palm van jou hand.

Op ’n plaas word kunsmis, saad, diesel, elektrisiteit en opbrengs noukeurig gemeet of geweeg om koste te bestuur en inkomste te bepaal. Waarom nie ook arbeid nie?

Arbeid is een van die grootste uitgawes op die plaas en dit het noodsaaklik geword dat boere die produktiwiteit van hulle werkers moet meet en tred hou met arbeidsverwante uitgawes. Dit beteken boere het ’n stelsel nodig wat die produktiwiteit van die arbeidsmag akkuraat kan bepaal.

Farm Costing Solutions (FCS) bied reeds aan vele plase ’n volledige stelsel wat hulle voltyds of met oestyd kan inspan om die werkstyd en koste van hulle permanente of seisoenwerkers te moniteer en produktiwiteit te verhoog.

Elke werker het sy eie elektroniese veegkaartjie (portable tag). Elke keer as ’n werker ’n sak geplukte vrugte, groente of neute aflaai en weeg, word daardie hoeveelheid teen sy naam aangeteken. Al hierdie inligting kan via ’n sellulêre netwerk, op voorafbepaalde tye, na ’n sentrale databasis gestuur word. Inligting word deur die loop van die dag beskikbaar gestel, sodat ’n toesighouer dadelik kan sien of ’n persoon presteer of nie.

Die stelsel bereken outomaties elke werker se loon gegrond op die werk wat hy gelewer het. Die werker se produktiwiteit word tot op die minuut gemeet en dus kan die koste onmiddellik getoon en ontleed word.

Indien ’n werker nie na wense presteer nie, kan dit dadelik hanteer word en onkostes word onmiddellik besnoei. Almal kan redelik maklik geleer word hoe om die FCS-stelsel te gebruik.

FCS se stelsel is plooibaar en pas by die kliënt se behoeftes aan – die kliënt hoef nie by die stelsel aan te pas nie. FCS kan gebruik word om ’n verskeidenheid arbeidsverwante inligting vas te lê.

Die Du Toit-groep is een van die vele boerdery-ondernemings wat reeds FCS se bestuursoplossings gebruik.

Dit sluit in:

• Tyd en bywoning

• Stukwerk en produktiwiteit

• Taak-kosteberekening

• Onproduktiewe tyd

Die stelsel het ’n koppelvlak (interface) met die dinamiese Crest-lonestelsel (wat spesifiek vir die landbou geskryf is) maar wat ook met met verskeie ander lonestelsels geïntegreer kan word. Etlike nuttige verslae is uit die stelsel beskikbaar, soos afwesigheid, laatkom, korttyd, oortyd, daaglikse en weeklikse ure. Onkostes kan dan ook per gewas, boord of veld ontleed word om winsgewendheid te bepaal.

Kontak Farm Costing Solutions:

• +27(0)21-903-0612

• +27(0)72-896-6801

• +27(0)82-518-2300

info@tms.za.net

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0