Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 26th May 2025

Etienne van Tonder Bonsmaras hou goeie eerste veiling

By 1 min read
157 words

20250517_105022

Etienne van Tonder het hulle eerste kommersiële veiling op 17 Mei 2025 te Warmbad Veemark in Bela-Bela gehou met ‘n omset van R 4 339 700. Boere was beïndruk met hulle geharde beeste.

Veilingsresultate:

Een bul is verkoop vir R40 000 aan Ebas Boerdery van Polokwane.

Die hoogste prys behaal vir dragtige koeie met kalwers  is R24 500 aan LA Malotana van Hallway Gardens en die gemiddeld was R21 560.

Die hoogste prys vir koeie met kalwers is R20 500 aan FT Boerdery van Polokwane en die gemiddeld was R18 333.

Die hoogste prys behaal vir dragtige koeie is R24 000 aan S Alam van Musina en die  gemiddeld was 17 926.

Die hoogste prys behaal vir dragtige verse was R23 000 aan S Alam van Musina en die gemiddeld was R17 822.

Hoogste prys behaal vir oop verse is R12 000 aan Lilithalethu Trading 41 CC en die gemiddeld was R7803.

Etienne van Tonder Bonsmaras is dankbaar vir ‘n goeie eerste veiling en sien uit na die volgende veiling.

 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0