ESAB stel die standaard vir sweismasjiene wêreldwyd

DSC00617
ESAB se gewilde Renegade Volt-sweismasjien is ’n draagbare, koordlose masjien wat deur ’n battery aangedryf word.
Met ESAB se wêreldklas sweis- en snytoerusting kan jy die gehalte van jou sweiswerk verbeter. ESAB het met kundiges in die sweisbedryf gesels om te verseker dat elke produk ontwerp is om jou werk sterker, beter en makliker te maak, hetsy dit nou vir jou huis, plaas of werkswinkel is.
Willie Burger, ESAB SA produkbestuurder vir alle sweis- en snytoerusting, vertel dat NAMPO Kaap vir hulle die geleentheid gebied het om besoekers by NAMPO te wys waarvan ESAB gemaak is. “Alles wat jy nodig het met sweis- of snywerk het ons,” sê hy.
ESAB sorg ook vir veelsydigheid deur masjiene aan te bied wat nie net met krag werk nie maar ook met batterye, dit maak dit maklik om hierdie masjiene in die veld te gebruik.
Hulle hoofkantoor is in Germiston geleë maar hulle het takke regoor die land in Kaapstad, Port Elizabeth en Richardsbaai. “Jy kan self by ons kantore met enige masjien kom sny en loer wat jou behoefte is, en ons is bereid om na jou toe te kom,” voeg Willie by.
Rebecca van der Walt, gebiedsverkoopsverteenwoordiger vir die Wes-Kaap-tak by ESAB vertel hulle het veelsydige prosesse sweismasjiene. “Dit is veelsydige masjiene vir verskillende sweiswerkbehoeftes soos aluminium en vlekvrye staal. Jy kies op hierdie masjiene die materiaal waarmee jy werk en die masjien stel homself op, jy kan net sweis. Jy hoef nie ‘n professionele sweiswerker te wees nie. Die masjien is ook baie gebruikersvriendelik en spaar jou tyd en geld.”

Rebecca van der Walt, gebiedsverkoopsverteenwoordiger vir die Wes-Kaap tak by ESAB en Willie Burger, produkbestuurder by ESAB SA tydens NAMPO Kaap 2025.
ESAB het hulle Renegade VOLT™ 200i by NAMPO Kaap bekendgestel. Dis ’n draagbare, koordlose masjien wat deur ’n battery aangedryf word, en is geskik vir Stok (SMAW) en Live TIG (GTAW) sweiswerk, met die veelsydigheid om in Battery-, stroom- of AMP+ hibriede modus te werk.
Die Renegade VOLT lewer genoeg krag om tot 33 elektrodes te brand op ’n enkele lading, deur gebruik te maak van vier 12 Ah batterye, wat by die pakket ingesluit is.
Die Renegade VOLT is ’n hoogs draagbare en kragtige eenheid wat perfek is vir mobiele sweisers wat op plase of moeilik bereikbare gebiede werk waar daar nie maklik toegang tot wisselstroomkrag is nie.
In AMP+ Hibriede Modus vul Renegade VOLT die wisselstroomkrag aan met batterykrag om kragonderbrekings te voorkom, of om meer uitset te lewer wanneer daar op 120 V inset gewerk word.
Die Renegade VOLT het ’n robuuste ontwerp met ’n duursame, skokbestande omhulsel en verskeie optelpunte vir maklike gebruik en vervoer in die veld. Die helder, kleurskerm gebruikerskoppelvlak is ontwerp om in die buitelug gebruik te word, selfs in direkte sonlig.
ESAB verksaf toerusting wat elke sweiswerker nodig het en maak gebruik die nodige tegnologie om te verseker dat hulle markleiers is. Hulle het ook sweishandleidings op hulle webwerf beskikbaar. Vir meer inligting kontak ESAB span: Willie, Rebecca en Jannie Bronkhorst, tegniese direkteur en Kevin Xaba, produkbestuurder vir Filler materiale by salesjhb@esabsa.co.za, 010-745-9749 of besoek hulle webwerf by www.esabsa.co.za