Categories: ArtikelsPublished On: 3rd June 2026

EasyWean® NeusRing®: ‘n Gunstige speenoplossing vir Namibië

By 4 min read
698 words

DSCN1209cropped

Danksy EasyWean® NeusRinge® kan kalwers maklik gespeen word sonder om hulle van hul moeders te skei.

Namibië is tans vry van bek-en-klouseer (BKS), maar onlangse uitbrekings in buurlande beklemtoon die dreigende risiko. Veeboere moet waaksaam bly en voorbereid wees vir moontlike voorvalle van BKS, wat ernstige impak op dieregesondheid en handel kan hê. Sou dit in Namibië ’n werklikheid word, sal bewegingsbeperkings ook ingestel word soos in die geval van Suid-Afrika gesien het. Dit is noodsaaklik om praktiese hulpmiddels te hê om diere kalm te hou en kuddes maklik te kan hanteer.

Deel van die oplossing

 EasyWean® NeusRinge® stel boere in staat om hul kalwers maklik te speen sonder om hulle van hul moeders te skei. Dit bied ’n ideale oplossing te midde van bewegingsbeperkings. Kalwers bly in die kudde, wat angs verminder en natuurlike sosiale bande behou, terwyl koeie hul kondisie vir die volgende kalfseisoen herstel.

Dit fasiliteer ook kudde- en weidingbestuur, aangesien boere die aantal kuddes op ’n plaas kan verminder terwyl weiding ook kan rus en herstel. Dit is veral belangrik tydens ’n BKS-uitbreking, wat sal lei tot die beperking van veeverkope by veilings.

Sleutelvoordele

  • Kalmte onder diere: Kalwers bly by hul moeders, wat stres tydens speen verminder.
  • Koeiherstel: Koeie kan liggaamskondisie herbou vir verbeterde vrugbaarheid en produktiwiteit.
  • Weidingbestuur: Boere kan kuddes konsolideer, wat rus en herstel vir weidings verseker.
  • Buigsaamheid: Maak vroeë speen moontlik in moeilike jare of wanneer bestuursuitdagings ontstaan.

Selfs sonder ’n siekte-uitbreking help EasyWean® NeusRinge® boere om aan te pas by veranderende toestande. Deur kuddebestuur te vereenvoudig en dierewelsyn te ondersteun, dien dit as ’n proaktiewe beskerming teen toekomstige uitdagings. En sou BKS in Namibië ’n werklikheid word, sal die boere wat EasyWean® NeusRinge® gebruik, ’n duidelike voordeel hê.

Gevolgtrekking

EasyWean® NeusRinge® is meer as net ’n speenhulpmiddel – dit is ’n veerkragtigheidsstrategie. Hierdie produk bemagtig Namibiese boere om kalm, gesonde kuddes te handhaaf en volhoubare produktiwiteit te verseker, ongeag watter uitdagings voorlê.

Let wel: Onlangse BKS-uitbreking in Botswana en die uitbreiding van besmette gebiede beklemtoon die belangrikheid van voorbereiding en waaksaamheid in Namibië.

Tevrede boere sê hul sê

Hierdie boere in Suid-Afrika bestaan steeds suksesvol voort ondanks die uitdagings van BKS.

Gerhard Swanepoel, Hurley Droughtmasters, Vryburg

 “Ons familiebeesboerdery bestaan uit ’n intensiewe stoetboerdery in Suid-Afrika en ’n uitgebreide stoetplaas in Botswana vir speenkalwers. In albei gevalle gebruik ons NeusRinge® om die ossies en verskalwers langs hul moeders te speen. Die speenproses verloop seepglad met minimale spanning, minder gewigsverlies onder die kalwers en vinniger produksieherstel by die koeie. Ons het talle neusringe probeer en tot die gevolgtrekking gekom dat slegs die oorspronklike EasyWean® NeusRinge® herbruikbaar is.”

Daniel Thomas, Kairos Regenerative Farming, Kroonstad

 “By Kairos Regenerative Farming doen ons alles met ’n eenvoudige doel: om gesonde diere op gras en met so min spanning as moontlik groot te maak. Wat speen betref het ons besef dat die konvensionele, spanningsbelaaide benadering nie by ons regeneratiewe stelsel of waardes pas nie.

“Ons het EasyWean® NeusRinge® ingespan om ’n rustiger oorgang vir beide koei en kalf te bewerkstellig. Pleks van ’n skielike skeiding, kan ons kalwers nou by hul moeders bly terwyl hulle op ’n natuurlike wyse gespeen word. Die verskil was dadelik sigbaar: Ons kalwers was rustig en nie gespanne soos tydens ons vorige speenpogings nie. Omdat hulle rustiger is, verloor hulle nie soveel gewig tydens speen nie en bly boonop gesond. Ons het baie minder siek kalwers, wat minder medikasie en laer insetkoste beteken – ’n wen-wen-situasie vir die diere én die plaas.

“EasyWean® is gepas vir ons onderneming, aangesien ons nie ons kalwers aan voerkrale verkoop nie. Die NeusRinge® help ons om te speen op ’n manier wat ons regeneratiewe beginsels ondersteun: sonder ‘n bohaai, doeltreffend en natuurlik. EasyWean® NeusRinge® is nie bloot ’n produk nie; dit is ’n hulpmiddel wat ons in staat stel om doelgerig te boer en die diere wat ons besigheid onderhou, met sorg te hanteer.”

Moenie net ons woord daarvoor neem nie, gesels met Gerhard (+27) 82-579-1082 of Daniel (+27) 82-687-3656 wat al jare lank staatmaak op EasyWean® NeusRinge® om hul kalwers te speen. Vir meer inligting, skakel (+27) 82-459-9451, stuur ’n e-pos aan Judy Vercueil by judy@wholeconcepts.co.za, of besoek www.nosering.co.za

Versprei deur Swavet, Namibië: Kontak hulle by (+264) 61-237-356  of stuur ‘n e-pos na order@swavet.co.za

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1