Categories: Crop productionPublished On: 22nd September 2017

DuPont Pioneer Weeg en Wen: Wenoes ampertjies daarmee heen

By 4 min read
764 words
Pioneer

pioneer 1

‘n Mens moet altyd jou ouers respekteer, maar as Conrad Coetzee van Prieska na sy pa geluister het, was hy vandag waarskynlik nie ’n wenner in die Weeg-en-Wen-wedstryd met ’n opbrengs van 22,2591 t/ha nie. 

Conrad vertel dat die mielietjies ’n week na opkoms omtrent weggewaai het. Hulle blare was stukkend en hulle het goor gelyk. Sy pa se raad was dat hy liewer moet oorplant, maar Conrad het besluit om hulle tog maar ’n kans te gee. Hy het ’n bietjie vroeër kunsmis gegee en ’n blaarbespuiting met ekstra sink om herstel aan te help en toe gewag om te kyk of sy Pioneer-kultivar, Phb 33Y74, gaan vlamvat of nie.

Hy sê: “33Y74 doen soms regtig goed hier by Prieska, niemand weet presies hoekom nie, maar as hy uitskiet, skiet hy goed uit.”

Conrad sê dit is moontlik om ’n premie te ontvang vir konvensionele mielies en dit is juis waarom hy die kultivar plant. Hy hou egter maar fyn dop wat met die kommandowurm gebeur, want as dit die komende seisoen te erg raak, sal hy na Bt-mielies moet oorskakel.

Conrad sê omdat hulle soveel van hulle gronde eis met aanhoudende produksie tussen koring en mielies, probeer hy soveel as moontlik organiese materiaal in die lande hou en gebruik ook so ver as moontlik organiese bemesting. Die mielies word met ’n strookbewerking regstreeks in die koringreste geplant.

Sy plantestand is 90 000/ha. Die wenland is nie juis anders hanteer as die res van sy lande nie, behalwe vir die vroeër bemesting en blaarbespuiting, maar daar was wel bone in die land voor hy mielies geplant het, wat kon help met die stikstof.

Die land het gemiddeld 20,6 t/ha gelewer en die twee hektaar wat vir die wedstryd ingeskryf is, se opbrengs was ’n allemintige 22,2591 t/ha.

Net so ongelooflik is die wenoes in die droëland-kategorie – Johann Pistorius van Val het 16,0389 t/ha met sy PANNAR-kultivar, BG 3292, gestroop.

In die sojaboon-afdeling is die magiese 4 t/ha-mikpunt finaal verpletter met Michael Allen van Middelburg se 4,8580 t/ha in die droëland-kategorie. Koos Uys van Bronkhorstspruit se sojabone onder besproeiing het ’n wenoes van 6,2510 t/ha gelewer.

Dow en DuPont smelt saam

Tony Esmeralda van DuPont Pioneer het by die geleentheid aangekondig dat die mededingingskommissie onlangs die samesmelting van DuPont en Dow AgroScience goedgekeur het.

Hy sê dit sal boere in Suid-Afrika toegang tot nog meer saad-, oesbeskerming- en agronomiese tegnologie gee. DuPont het die grootste genetiese saadbank in die wêreld en met Dow se oesbeskermingstegnologie daarby, kan opbrengste hand oor hand toeneem – in die afgelope dekade of wat was daar alreeds ’n 150% opbrengsverhoging. Dit moet tred hou met die bevolking wat elke dag met 150 000 mense groei!

Vir meer inligting oor Weeg en Wen, kontak Du Preez Kritzinger, bemarkingsbestuurder, DuPont Pioneer, by 082-574-2272,  012-683-5752 of dupreez.kritzinger@pioneer.com.

DuPont Pioneer

Die span mielie- en sojaboonplantkonings van Suid-Afrika tree aan om hulle Weeg en Wen-toekennings te ontvang.

DuPont Pioneer

Só lyk Conrad Coetzee van Prieska se wenmielies wat 22,2591 t/ha gelewer het!

Hier is die volledige uitslae:

Mielies Droëland Wesstreek

Wenner: Bernard Rabe van Fochville met 9,5448 t/ha (P2880WBR)

Mielies Watertafelgebied

Wenner: Thabo van Zyl van Bothaville  met 11,3467 t/ha (DKC 78-79 BR)

Soja onder besproeiing

Finalis 1: Joe du Plessis van Delmas met 5,3141 t/ha (RA 560 R)

Finalis 2: Cobus Botha van Bergville met 6,050 t/ha (DM 5953 R)

Wenner: Koos Uys van Bronkhorstspruit met 6,2510 t/ha (RA 568 R)

Soja Oosstreek

Finalis 1: Albert Kruidenier van Standerton met 4,7175 t/ha (AGC58007R)

Finalis 2: Naas Rautenbach van Standerton met 4,7487 t/ha (AGC58007R)

Wenner: Michael Allen van Middelburg met 4,8580 t/ha (DM5953 R)

Soja Wesstreek

Finalis1: Cobus Grobbelaar van Bothaville met 4,4024 t/ha (PAN1623)

Finalis 2: Thabo van Zyl van Bothaville met 4,4359 t/ha (PAN 1521)

Wenner: Bernard Rabe van Fochville met 4,4374 t/ha (DM6.8R)

Soja KZN

Finalis 1:Mark Stein van Glencoe met 4,030 t/ha (PAN 1521 R)

Finalis 2: Bruce Gibbings van Winterton met 4,1233 t/ha (SC Stanza)

Wenner: Cobus Botha van Bergville met 4,7326 (P64T39R)

Mielies Droëland Oosstreek

Finalis 1: Erich Barry van Winterton met 13,9957 t/ha (P1745R)

Finalis 2: Mark Stein van Glencoe met 14,4300 t/ha (P1745)

Wenner: Johann Pistorius van Val met 16,0389 t/ha (BG 3292)

Mielies onder besproeiing

Finalis 1: GP Olivier van Hartswater met 16,3881 t/ha (Phb 33Y74)

Finalis 2: Zirk Scheepers van Cradock met 18,6862 t/ha (DKC 62-80 BR)

Finalis 3: Izak van der Merwe van Philippolis met 19,6598 t/ha (DKC 64-54 BR)

Wenner: Conrad Coetzee van Prieska met 22,2591 t/ha (Phb 33Y74)

Die borge wat die kompetisie saam met DuPont Pioneer die kompetisie aanbied, is John Deere, Syngenta, FNB, Santam Landbou en Senter 360.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0