Drotsky bied groter verskeidenheid en spesiale aanbiedinge op NAMPO 2026

Drotsky 4_P2000
NAMPO is veel meer as ’n lanbou-uitstalling vir Drotsky. Dis hier waar verhoudings voorrang geniet, idees uitgeruil word en bekostigbare en duursame masjinerie die praatwerk doen.
As ’n maatskappy wat sedert 1962 hamermeulens en voermengers vervaardig, is Drotsky elke jaar teenwoordig by NAMPO met ’n belangrike doel voor oë, om praktiese, betroubare toerusting uit te stal wat spesifiek ontwerp en gebou is vir Afrika omstandighede.
Verhoudings as vaste fondament
Volgens Izak Wolfaardt, meganiese ingenieur by Drotsky, staan NAMPO vir hom uit vanweë die span se interaksie met boere. “Dis lekker om ou en nuwe gesigte by ons stalletjies te sien en vir boere te vra hoe dit met hulle gaan en wat alles die afgelope jaar gebeur het. Ons wil ook weet watter toerusting vir hulle werk of waarna hulle opsoek is. Dis heerlik om op te vang, dis vir my die hoogtepunt,” sê hy.
“Vir ons gaan dit nie net daaroor om produkte te verkoop nie. Dit gaan oor die bou van verhoudings met boere, ons gesels oor die uitdagings wat hulle het en kyk hoe ons ons masjiene kan verbeter om hulle beter te ondersteun.”
Boere se terugvoering is van groot waarde vir Drotsky omdat hul masjinerie nie in isolasie ontwerp word nie, hul inspirasie is boere se werklike behoeftes op plase regoor Suid-Afrika.
By NAMPO Bothaville wat vanjaar van 12 tot 15 Mei plaasvind, sal die span weereens kundige advies lewer aan boere wat spesifieke Drotsky-toerusting benodig.

Drotsky se Mix Pro MM1-menger.
Watter masjinerie bring Drotsky na NAMPO 2026?
Drotsky se stalletjie is bekend vir sy treffende rooi masjinerie, wat bestaan uit ’n mengsel van werkesels en nuwe generasie innovasies.
Van die hoogtepunte is hul bekende hamermeulens, waaronder die kragtige M100 wat ontwerp is vir hoëvolume-prosessering. Gebou om enigiets van ronde bale tot grootmaatmateriaal te hanteer, weerspieël Drotsky se toerusting die maatskappy se fokus op produktiwiteit en duursaamheid.
Voermengers is ook ’n sleutelelement van die uitstalling. Die P2000-menger, wat aandag trek as gevolg van sy swaargewig-konstruksie en opgegradeerde staalvoering, verseker duursaamheid onder intensiewe gebruik.
Meer onlangse byvoegings wat by NAMPO uitgestal gaan word, sluit masjiene soos die Mix Pro MM1 in – ’n kompakte, koste-effektiewe menger vir bedrywighede op kleiner skaal en die M8 Bottom Drop-hamermeul, ontwerp vir skoner, stofvrye werking en verbeterde werkvloei. Drotsky se stroper-hamermeul-kombinasie staan ook uit; dis ’n veelsydige masjien wat boere in staat stel om terselfdertyd te oes en voer te prosesseer en sodoende uitstekende doeltreffendheid in uitdagende tye te bied.
“Ons gaan weer ’n paar lengedes na NAMPO bring en ook ’n groter verskeidenheid van ons produkte uitstal as verlede jaar,” sê Izak.

Drotsky se M8 Bottom Drop-hamermeul.
Wat onderskei Drostky?
Wat boere aaneenlopend lok na Drotsky se stalletjie is nie net die masjinerie nie, maar wat dit verteenwoordig: betroubaarheid. Omdat Drotsky se masjiene plaaslik vervaardig en gebou word, is parte altyd beskikbaar en dienste gerieflik en vinnig, ’n belangrike faktor vir boere wat nie stilstaan op hul plase kan bekostig nie.
Die maatskappy se fokus op eenvoud en duursaamheid is net so belangrik. Elke masjien word ontwerp om te presteer in uitdagende plaaslike omstandighede terwyl hulle maklik is om te gebruik en te onderhou.
Vanweë hierdie reputasie is Drotsky reeds dekades lank ’n betroubare naam onder boere – iets wat duidelik sigbaar is by NAMPO waar besoekers jaar ná jaar terugkeer na Drotsky se stalletjie om skouers te skuur, staaltjies uit te ruil en koffie saam met die span te geniet.

Drotsky se stroper-hamermeul.
Spesiale aanbiedinge in moeilike ekonomiese tye
Vanjaar bied Drotsky nie net ’n indrukwekkende verskeidenheid produkte nie, hulle neem ook die huidige ekonomiese omstandighede in ag. Boere staar tans meer uitdagings in die gesig as tevore weens die stygende koste van brandstof – een van die grootste uitgawes op plase en vir landbou-ondernemings.
Die verwoestende bek-en-klouseer-krisis wat die landbou getref het, het ook baie boere finansieel en emosioneel uiters swaar getref – en vir sommige duur die stryd steeds voort. En dit is nie al nie … Met petrol- en dieselpryse wat waarskynlik gaan aanhou styg terwyl die oorlog tussen die VSA en Iran, en die konflik in die Midde-Ooste, voortsleep, bied Drotsky spesiale aanbiedinge op al hul toerusting en onderdele, sê Izak.
Gaan maak ’n draai by stalletjie E27 d, e en f en geniet ’n koppie boeretroos saam met die span.
Vir enige navrae oor Drotsky se reeks produkte, besoek gerus hul webtuiste by www.drotsky.co.za